Sersant in hof ná bedrog van duisende

Argieffoto

ʼn Sersant (40) het verlede week in die Port St. Johns-landdroshof verskyn op 14 aanklagte van bedrog.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die polisie, het gesê sers. Melumzi Mnakaniso het Vrydag in die hof verskyn in verband met bedrog wat sowat R42 000 beloop.

Mnakaniso, verbonde aan die Qumbu-polisie, is Donderdag in hegtenis geneem deur die Valke ná ʼn ondersoek oor die beweerde bedrieglike bestaans- en reistoelae-eise vir “amptelike” reise na Port Elizabeth wat glo tussen 2012 en 2014 plaasgevind het terwyl hy  verbonde was aan die Lusikisiki-polisiestasie.

Die sersant het glo ook eise vir vervalste dagvaardings om te getuig ingedien vir sake wat reeds afgehandel of teruggetrek is. Mnakaniso het glo ook fakture van ʼn Port Elizabeth-gastehuis ingehandig wat lank reeds nie meer bestaan nie en taxigeld geëis nadat hy vervalste fakture van ʼn plaaslike taxivereniging bekom het.

Hy het kamtig amptelike reise met die taxi’s onderneem.

Mnakaniso is vrygelaat op R1 500 borgtog en moet weer 12 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Muffin ·

Ongelooflik. Vir R42000 se bedrog sit hy nou met niks. Sal dit vir hom lessie wees. Dalk is daar nog meer waarvan daar nie geweet word nie. Moies sy bevelvoerder nie die eise teken nie of het hy dalj n cut gekry. Vra maar net.

Bobby ·

Verstomend!!!! Valke bo!!!!! Kan Julle nou asb iemand arresteer wat biljoene verduister het gedurende state capture????? Baie ondersoeke – geen resultate.

Careltjie ·

Hierdie is ‘n vulletjie. Daar is baie erger en meer gevalle in die SANW en SAPD. Hul moet net bietjie krap, maar krap tussen die majore en adjudant offisiere se eise ook. Hy het maar net hul voorbeeld gevolg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.