Sersant in polisiestasie in gesig geskiet

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Woensdag in die vroeë oggendure in die Lingelethu-Wes polisiestasie in Khayelitsha in die gesig geskiet.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mense het omstreeks 02:00 die polisiestasie binnegekom onder die voorwendsel dat hulle ʼn rooftog wil aanmeld. Terwyl polisiebeamptes hulle bygestaan het, het die verdagtes skielik op die beamptes losgebrand.

ʼn Polisiesersant is in sy gesig, naby sy oog, gewond. Die verdagtes het daarna van die toneel gevlug. Die sersant is na ʼn hospitaal gehaas. Volgens Potelwa is die motief vir die skietery onbekend.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê dit is onaanvaarbaar dat polisiebeamptes, wat dienaars van die gemeenskap is, op so ʼn wyse aangeval word. “Ons sal onverpoosd werk om seker te maak dat die skuldiges aan die pen ry,” het hy gesê.

Enigiemand met meer inligting word versoek om dit by Crime Stop by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Penellope Jones ·

Die minister van polisie het gese “South Africa is a very safe country”.

Heinrich ·

Hoekom span hulle nie die weermag saam die polisie in om ‘n massiewe raid te doen op al die groot nedersettings om beslag te lê op al die onwettige vuurwapens en dwelm neste nie? Dan moet al die onwettigge wapens en dwelms vernietig word, nie net in ‘n polisie evidence kamer waar dit weer later terug aan die kriminele verkoop kan word nie.

Dubbele staandaarde ·

Toemaar,die polisie beamptes en verkeers beamptes se openbare optrede is maar ook nie so van wats wonders nie! Wanneer sal hul arogante houding teenoor die publiek ook ten sterkte veroordeel word? Julle twee gesig dubbel standaarde is orals te siene!

Koos1 ·

Jinne Dubbele Staandaarde, jy veralgemeen nou vereeslik baie. Ek glo wel daar is baie vrot appels in die boks, maar om nou te kom sê alle polisie beamptes en verkeersbeamptes, is nie regverdig nie. Net soos geen persoon in SA of ter wêreld dit verdien om geskiet te word nie, glo ek ook dit tel vir die veiligheidmagte(dienste).

riana ·

Koos hoeveel van hulle sit nie en slaap nie en enige een kan dan daarin stap. Jy op FB gesien hoe slaap hulle so ek stem saam die meeste is in die vrot appel box. Baie van hulle is arrogant en dink hulle kan doen net wat hulle wil en ek sal se die meeste. Hulle kyk jou soos n vloer lap aan as jy in die polisie stasie in kom. Teveel moeite om jou te en le op hulle rug. So ja dit is my opienie meeste is in die vrot box.

Aitoggir ·

Wie weet, hy is dalk geskiet met een van die vuurwapens, wat van die slapende polisielede Gesteel was laasnaweek.

Joggie ·

Moet maar alle polisie klagtoonbanke agter koelvaste glas sit

Michael ·

Ek vermoed dit moes n nuwe bendelid wees wat ingelyf is maar die vreesloos heid vir die polisie is skrikwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.