Sersant sterf toe dwaalkoeël hom tref

Argieffoto

ʼn Sersant van die polisie, wie se naam weerhou word totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is, is dood toe ʼn dwaalkoeël hom by ʼn kitskosrestaurant op die M2-snelweg in Cleveland, Gauteng getref het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte, gebaseer by misdaadintelligensie in die ooste van Johannesburg, was saam met sy vrou, ʼn administratiewe klerk by Cleveland-polisie, by die restaurant.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn verdagte uit ʼn voertuig by die Shell Ultra City-vulstasie geklim het en op ʼn taxibestuurder wou skiet toe sy vuurwapen nie wou afgaan nie. Toe ʼn skoot uiteindelik afgaan, het die taxibestuurder reeds gevlug en twee skote het die polisiesersant en ʼn vrou, wat in die hospitaal aansterk, getref,” het Peters verduidelik.

Die motief vir die skietery moet nog bevestig word.

Buiten moontlike kringtelevisiebeeldmateriaal, doen die polisie ʼn beroep op enigiemand wat dalk ʼn ooggetuie was om na vore te kom en die polisie by te staan met enige verdere inligting.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die polisiebeampte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Callie ·

Dink nie enige van die politieke leiers het n idee wat in die land aangaan nie. Moord en om iemand te skiet is n daaglikse tydverwyl. Dit is omdat almal weet die polisie gaan jou dalk nie eers kry nie, kry hulle jou koop jy hom om, gaan jy tronk toe is dit vir n kort tydjie. In die tronk kry jy beter kos as by jou huis. Dit is totaal chaos maar die mense daarbo het mos almal n groep gewapende bewaarders. Hoekom dus omgee vir die man op straat. Besef hulle nie, hoe meer skurke wegkom hoe meer word hulle en hoe meer arrogant word hulle. Vat alle lyfwagte wag, dwing poltici om staatshospitale te gebruik, dan sal dinge vinnig verander

Johan H. ·

Hoop julle gaan geen steen onaangeraak laat met jul soektog na die skuldiges,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.