Sersant vas ná hy glo verdagte (17) by hof verkrag

Argieffoto

ʼn Sersant verbonde aan die polisie se sigbare polisiëringseenheid is in hegtenis geneem en het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie wat in die hof verskyn het op ʼn diefstalklag by die hof verkrag het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig die beweerde verkragting het op 13 Augustus by die Nelspruit-landdroshof plaasgevind.

Die meisie beweer dat toe haar saak verdaag is, sy na ʼn kamer geneem is waar die polisiebeampte omgang met haar geëis het. Sy het geweier en hy het glo gedreig dat hy die staatsaanklaer sal beïnvloed om haar ʼn swaar vonnis op te lê.

Sy is toe glo verkrag.

“Die voorval het plaasgevind nadat die verdagte die slagoffer van ander gevangenes geskei het onder die valse voorwendsel dat hulle ʼn verkeerdelike hofdatum moet korrigeer. Opod het ondersoek ingestel en die verdagte op ʼn klag van verkragting in hegtenis geneem. Hy het homself aan Opod oorgegee en is in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger in hegtenis geneem,” het Dlamini gesê.

Die man is Vrydag vrygelaat op R500 borgtog onder die voorwaarde dat hy kontak met die getuies mag hê nie.

“Opod het ook aanbeveel dat die polisie dissiplinêre aksie teen die beampte instel.”
Die saak word 30 Oktober voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Maar al wat n instelling is moet transformeer. Geloofwaardigheid voor kundigheid. En DIT is die uiteinde: korrupte, lui en uiters onbevoegde polisiemag!

IK ·

Kry net die REGTE regter, SY sal hom permanent tronk toe stuur. Julle weet wie, of nie?

anton ·

Ja om te dink in die goeie ou dae………was dit n bylae 1 misdryf en het jy die doodstraf gekry.
Nou word dit selfde gesien as net n vloekwoord.
Hierdie land is reeds by ”SIEK” en VROT verby!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.