Sersant vas vir verkragting van eksvriendin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiesersant het Donderdag in die George-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn in verband met die beweerde verkragting van sy eksvriendin.

Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die sersant, verbonde aan ʼn plaaslike polisiestasie in die stad, is Woensdag in hegtenis geneem.

“Die vrou beweer sy was by haar huis op 24 Januarie toe die verdagte haar omstreeks 21:40 gekonfronteer het. Die twee was in ʼn verhouding, maar het uitgemaak en die verdagte bly nie by die vrou nie,” het Dlamini gesê.

“Die beampte het die vrou meegedeel dat hy met haar wil praat en hulle het op haar bed gaan sit. Hy het onder meer vir haar gesê as hy haar nie kan kry nie, sal niemand nie.”

Volgens Dlamini het die verdagte glo probeer om die vrou te soen en sy het geweier. Hy het hom glo daarna op haar afgedwing en seksueel aangerand.

“Tydens konsultasie met die aanklaer het dit aan die lig gekom dat die verdagte die vrou op twee vorige kere verkrag het, maar dat dit nooit aangemeld is nie.”

ʼn Lasbrief vir inhegtenisneming is gemagtig en die verdagte is deur Opod in hegtenis geneem. Hy het in die hof verskyn op drie aanklagte van verkragting en ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die sersant is borgtog van R1 000 toegestaan, waarna die saak tot 20 Maart uitgestel is vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nuushond ·

Wil jy nou meer….Arme man…3 verkragtingsake teen hom?Dom van hom….Hoekom nie net gaan stort soos sy Pappa Zuma…Dan trek elke aanklag by die venster uit….Party mense leer ook nie

G ·

Hy wou met haar praat, maar hulle gaan sit op haar bed om dit te doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.