Sersant wat vier doodry, skuldig

ʼn Polisiesersant is Woensdag skuldig bevind aan strafbare manslag ná hy ses jaar gelede vier mense, onder wie twee kinders, doodgery het.

Sers. Somiso Jali is Woensdag in die Randburg-landdroshof op vier aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind.

Die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) het die skuldigbevinding verwelkom.

Jali was op 14 Junie 2018 op pad in ʼn polisievoertuig saam met ʼn kollega.

Luidens ʼn verklaring van Opod het Jali beheer oor die motor verloor toe hy teen ʼn hoë spoed oor die Jukskeirivierbrug gery het.

Hy het in twee vroue, Nani Ncube (38) en Legato Nthotso (20), vasgery, asook twee kinders, Lethabo Ragwale (8) en Given Karabo Nthotso (5).

Al vier is dood weens die beserings wat hulle opgedoen het.

Opod het ondersoek ingestel na die voorval en ʼn dossier saamgestel wat aan die direkteur van openbare vervolging oorhandig is. Daar is besluit om Jali aan te kla.

Hy sal na veragting op 22 April gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leeubekkie ·

Baie bly, maar waarom vat sake so lank om ophelos en voor die hof te kom? Skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.