Ses aangekeer ná transitorooftog

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Ses verdagtes, tussen 36 en 48 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Ubombo-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met ʼn transitorooftog Maandag in Mkhuze.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê ʼn kontant-in-transito-voertuig het op die N2 naby Mkhuze gery toe rowers toegeslaan het. “Hulle het die voertuig van die pad af gedwing. Die groep het skote op die veiligheidswagte gevuur en een van die wagte is beseer. Hulle het die wagte se dienspistole gesteel en springstof gebruik om die geldwa oop te blaas.”

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.

Die rooftog is by Mkhuze-polisiestasie aangemeld en die saak is aan die Valke oorgegee. “Die ses verdagtes is Dinsdagoggend vroeg in die Esikhaleni-gebied in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Dit raak erger by die dag! Waar kry hulle die springstof en onwettige wapens? Dink ek kan myself antwoord… Nou het hulle nóg wapens wat gebruik gaan word of klaar verkoop is. Ek’t nie meer woorde nie regtig!

Hennie J ·

Hier in piesangland gaan dit so power en is dit so wetteloos dat die enigste nuwe werksgeleenthede wat geskep word, die vir transitorowers is. Binnekort sal ons seker n nuwe Bgraad in transitoroof in die unisa prospektus raakloop!

Di ·

Is daar ooit nog plek in die tronke? O jammer, het vergeet daar is mos duisende kriminele op parool vry gelaat om plek te maak vir die nuwes. Die wat op parool is sal nou seker hierdie klomp se werk oorneem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.