Ses aanvallers slaan toe op Limpopo-plaas

Foto: Verskaf

Ses swaar gewapende aanvallers het Sondag omstreeks 08:30 op ʼn plaas naby Tzaneen in Limpopo toegeslaan.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief en bedryfsbestuurder van Canine Security, het aan Maroela Media gesê ʼn vrou wat die eienaar van die plaas is en die plaasbestuurder het saam ontbyt geëet toe hulle deur die aanvallers oorval is.

“Die aanvallers was glo swaar gewapen met haelgewere en handwapens,” het Jacobs gesê. “Hulle het die vrou en die man vasgemaak en die man met ʼn vuurwapen geslaan terwyl hulle geëis het dat die vrou die kluis se sleutels aan hulle oorhandig.” Volgens Jacobs het een van die aanvallers ʼn skoot op die man afgevuur, maar dit was mis. Die vrou het daarna die kluissleutels aan die mans gegee.

Die aanvallers het selfone, skootrekenaars en vuurwapens geroof voordat hulle in die plaasbestuurder se Toyota Corolla op die vlug geslaan het. Jacobs het die nommerplaat van die voertuig as BWG 040 L bevestig.

Die man kon later daarin slaag om homself los te wikkel en hy het die vrou losgemaak voordat hulle gaan hulp soek het. Jacobs het gesê private veiligheidsmaatskappye en die polisie was vinnig op die toneel. Volgens hom is die man en die vrou nie ernstig beseer nie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting gee nie. Maroela Media wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Harry ·

Enige politieke partye of ministers wat dalk die voorval wil veroordeel?

jack daniel ·

Die DA en VF reageer net as die stories anders om is en ras verwand is. Hulle maak mens eintlik siek.

Mariaan ·

Wys dit ook elke aamd saam met die doodskisvideo op hoofnuus asook die talle plaasmoorde.

Quo Vadis ·

Wonderwerk dat hulle nie gemartel en vermoor is nie. Baie dankbaar daarvoor.

Nita ·

Kleure asseblief!!! Maak nie saak of dit swart op wit,wit op swart, of swart op swart of wit op wit geweld was nie. Van nou af soek ons die kleur by ALLE berigte!!! Nie net wanneer dit sekere mense pas nie!!!!

Michael ·

Ek stem saam met Nita die onregverdigheid het ver genoeg gegaan gee die feite asb soos dit is gebruik die kfc saak as n voorbeeld.

Suelynne ·

Nog n plaasboer en sy familie is vandag aangeval naby Groblersdal….net nog n aanval….net nog lewens verwoes…so gaan dit net aan en aan.

Martie Dannhauser ·

Is dit die plaasaanval waarna vd mense hier by devoetpadkloof ook heen gejaag en gaan help het.

Martie Dannhauser ·

Is dit die aanval waarna n hele klomp mense van devoetpadkloof heen gejaag het

Drikus ·

Ons wag gretig op die KFC wat die DA vir die onskuldige aangevaldes gaan bring. En die vervolging waarop hulle vir die lafhartige aanvallers gaan aandring!

Tiger ·

Wat is die waarde van ‘n vuurwapen in ‘n kluis?Ek vra maar net.

hendrik ·

n Vuurwapen is n gevaar in n kluis,soek n ander plekkie vir hom of nog beter,dra hom aan jou

Gert ·

Ek stem Hendrik. Mens hoor daagliks dat wapens uit kluise gesteel word. Steek dit op n ander plek weg!

Tiger ·

Hendrik en Gert,ek en my man dra ons handwapens 24/7 met ons.Anders het hulle GEEN nut nie.’n Wapen Kluis is net daar om geplunder te word.

?? ·

Enige iets te sê Randall van die DA en Fikile van die polisie??

antonie ·

hierdie aanval is n bewys dat hulle nie arme hulbehoewenes was nie, dat hulle nie kom kuier het om n skaap te koop of n stukkie brood wou gehad het nie, nee; maar dat hulle goed georganiseerd was en net gekom het om wapens te steel, om ander mense te gaan intimideer en verder te gaan steel en verder gaan aanjaag-so die da kan aan niks dink om te se nie

Johan ·

Enige idee of dit ‘n rassistiese aanval was, of gebeur dit net by KFC en Spurm? En word slegs ‘n paar snotklappe as rassistiese aanvalle beskou? Wreedaardige swart op wit gru,martel-moorde word mos gepleeg deur honger rowers op soek na ietsie om te eet

Jan ·

Mens lees gereeld van boere wat vasgebind word en dan sukkel om los te kom. Dis dalk nie’n slegte plan om ‘n mes of ‘n skêr of ‘n klein side-cutter in jou slaapkamer of sitkamer weg te steek sodat jy dit maklik kan bykom in so situasie. Selfde met ‘n ou selfoon en goedkoop prepaid SIM – as hulle jou selfoon steel, soos hulle dikwels doen, dan kan jy darem die ou foon gebruik om vir hulp te bel.

anton ·

Hou tog op om vuurwapens in n kluis toe te sluit!!!
Want dit is gewaarborg dat dit in die kriminele se hande gaan beland.
Wanneer gaan ons mense begin DINK???

Brandwag ·

In n verklaring oor die ontleding van die rassistiese aard van die voorval en die veroordeling van die ekstremisme betrokke het Jan Bosman en Flip Buys gesê …………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.