Ses aanvallers slaan toe op Limpopo-plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man van Limpopo moes Maandagoggend geopereer word nadat hy in die vroeë oggendure deur ses gewapende aanvallers op ʼn plaas buite Tzaneen in die Agatha-omgewing oorval is.

Marius Jacobs, woordvoerder van Watchdog Tzaneen, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het omstreeks 05:00 op die plaashuis toegeslaan. Hulle het glo deur die huis se vensters geskiet voordat hulle ʼn glasdeur oopgebreek het om toegang tot die huis te kry.

Volgens Jacobs het die man met die aanvallers gestoei en is in die proses met ʼn groot klip oor die kop geslaan. Hulle het onder meer met ʼn selfoon en handsak op die vlug geslaan. Die man se vrou en hul twee jong kinders is ongedeerd.

“Ons het die man in die pad voor die plaas ontmoet. Hy het self daarheen gery omdat die plaas se paaie so verspoel was dat dit nie vir ons toeganklik was nie,” het Jacobs gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het ook aan Maroela Media bevestig dat hulle die man voor die plaas gekry het. Volgens Meiring het hy ʼn ernstige snywond aan sy kop gehad en moes per ambulans na die Mediclinic Tzaneen vervoer word.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die aanval bevestig. Maroela Media wag op meer inligting van die polisie.

Die name van die slagoffers kan nie onmiddellik bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

tamboti ·

Niks behalwe wraak sal enige effek op ons misdaad/moord situasie maak nie!

Willie ·

Is die ganse wereld blind vir die sinelose moored/roof/verkrag/steel sieke Suid Afrika? Dit gaan nie stop nie, dit is net die begin…

Adriaan ·

As jy bedoel sterftes, Goddank geen. As jy bedoel wie is daardeur geraak – die hele gemeenskap!

vierkleur ·

En so het die SAPS plaas moorde geprioritiseer. Dis lagwekkend want dit lyk vir my of dit nou meer gereeld gebeur as voorheen? Hierdie is terrotiste en moet met geweld uitgewis word,dit is al manier. Ons word nie meer gemoor vir geld of iets anders nie, dit gaan nou oor die boer,om hom te vernietig.

GES ·

Bring terug die kommandostelsel en stel die doodstraf in vir moord met voorbedagte rade. Voor dit nie gebeur nie gaan niks gebeur nie.

Aster ·

Ges, dit gaan nie help om die doodstraf terug te bring nie. Die regering is so korrup, korrup op korrup, hulle sal dit gebruik om ontslae te raak van ons wittes. Wittes dien klaar die “doodstraf” uit en die regering doen niks om die moored te stop nie.

Michael ·

Die klomp lafaards kom ook altyd as dit donker is en lyk in die meeste aanvalle is dit swart wat wit aanval so daar is ‘n rassistiese konektasie ook betrokke

alida ·

Bly die man het oorleef en sy gesin is ongedeerd. Die emosionele letsels bly egter vir altyd. Sterkte vir die gesin. Jammer dat ons in hierdie vieslike land moet bly.

Ruby ·

Ek moet absolute selfbeheersing toepas met my kommentaar want ek braak gal!

Hoeveel keer word die “loon verskil” nie as rede aangevoer want seker moes hulle ‘n rede gehad het.

Ja, hulle het ‘n rede gehad…..WIT….WIT….WIT en weereens WIT!

Hannelie ·

ZUMA WORD WAKKER UIT JOU SLAAP!!! Kyk wat is besig om met die land te gebeur? Wil of kan jy nie iets doen nie? Elke liewe dag lees ons van die aanvalle.
Ons hande is afgekap. Net die regering kan iets hieromtrent doen. MAAR duidelik is hulle blind.

Hannelie ·

My kommentaar is verwyder…..was ek te reguit? Jammer maar ek hou by my punt. Is dit nie ‘n manier om alle blankes uit die land te dryf nie?

Dan ·

In so n geval sal dit nie asgevolg van n loongeskil wees nie, want die mense is nie dood gemaak nie, hulle kan nog praat.

Deloris ·

Here ek bid vir ons land en ons mense, bewaar en beskerm ons asseblief.

Annie ·

Greg en Sandy. Alle sterkte aan julle. Dit is letter voor ons voordeur en ons het niks gehoor nie weens die reen en mistigheid hier. Ons glo dat God julle deur hierdie tyd sal help. Wees sterk en waaksaam.

Annie ·

Greg en Sandy, baie sterkte aan julle. Dit het baie gereen en dit was vreeslik mistig hier in Agatha. Ons het niks gehoor nie en julle is nie so ver van ons af nie. Baie sterkte aan julle! Dit is n baie groot skik vir ons!!!

Anoniem ·

En dan het Sabc3 die vermetelheid om die advertensie te plaas: ” Right, freedom, equality human rights for all South Africans during Human’s Right’s month.” En tipies word blankes nie in advertensie gebruik nie, behalwe soos al die “Soweto dag, ens uitsendings wat oor en oor gewys word, gedurende die jaar. Breinspoeling… Hoe moet wit en swart wat saam skool gaan, aanbeweeg?

Jan ·

Bring ons troepe terug van oorsee en sit hulle op die grense en in die landelike gebiede waar hulle die mense wat hul salarisse betaal kan help

Michael ·

Die troepe is nie eers opgewasse teen mapogo die sekuriteitswag groep nie wat kan hulle beskerm??

DPJ ·

Gebed:-Ons bly in ons lieflike land met sy gematige kliemaat en min natuurrampe. Ons wil O Heer U dank en loof vir die vryheid van Christelike geloof wat ons hier kan uitlewe. Help ons die bose te bestry wat U uit ons land wil verwyder. Beskerm ons almal elke dag en gee dat ons U naam daagliks sal uitdra na die heidendom om U Here te loof en dank as die eniste ware God. Ons vra dit nie omdat ons enige iets verdien nie maar deur U seun Jesus Christus wat in ons plek vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Vir al nou in die paastyd waar U seun tot slagting gelei is. Amen.

tw ·

Was iemand dood, dan was dit n “loongeskil”. Iemand net beroof en aangerand …. shame. hulle was “net honger”. Vader asseblief, help hierdie land en sy mense, Amen.

Essie ·

Kyk na “World humans right commision” Menseregte webwerf, en dalk moet ons daar kommentaar onder Suid-Afrika wys, met foto’s en koerantberigte daarby.

Karolis ·

Marine,
Hierdie weergawe verskil van die later weergawe van die vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.