Ses ANC-lede geskors oor wangedrag

Argieffoto

Die ANC in Gauteng se provinsiale dissiplinêre komitee, wat Maandag ses van sy lede in die Ekurhuleni- en Tshwane-streke aan wangedrag skuldig bevind het, het een van die oortreders permanent geskors en die ander vyf tydelik geskors.

Die ANC het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die lede is skuldig bevind aan wangedrag nadat hulle ANC-vergaderings ontwrig het, politieke verdeeldheid gesaai en strukture in die party ondermyn het.

Hierdie dade van wangedrag is gepleeg tydens algemene takvergaderings wat verlede jaar gehou is in aanloop tot die ANC se 54ste nasionale konferensie wat in Desember 2017 plaasgevind het.

Die provinsiale dissiplinêre komitee het in ʼn verklaring die sanksies uiteengesit wat die permanente skorsing van ʼn lid in Ekurhuleni insluit en die tydelike opskorting van vyf ander ANC-lede se lidmaatskap.

Thabang “Mashiane” Nkani, ʼn lid van die ANC in wyk 70 en lid van die veteranevereniging van Umkhonto weSizwe (MKMVA), is permanent geskors.

Johannes Setsoma, ʼn lid van die ANC se Clarence Lukhele-tak in wyk 68, is vir drie jaar uit die party geskors. Victor Malefane, die sekretaris van die Clarence Lukhele-tak, is ook vir drie jaar geskors. Joseph Rammela en Phumzile Masuku, albei lede van dieselfde tak, is onderskeidelik vir drie jaar en vir twee jaar geskors.

Eugene “Bonzo” Modise, lid van die Eleanor Tokelo-tak in wyk 21 in Tshwane, is vir vyf jaar geskors.

Dr. Ismail Vadi, voorsitter van die ANC Gauteng se dissiplinêre komitee, het gesê die dissiplinêre proses teen die lede is in November verlede jaar begin nadat die party se provinsiale werkskomitee vergader het om die uitkomste van die algemene takvergaderings te bespreek. Vadi het gesê die ses betrokke lede se sake is toe na die party se dissiplinêre komitee verwys.

Vadi het gesê in lyn met die ANC-grondwet het die betrokke lede 21 dae kans om teen die skorsings te appelleer. Appèlaansoeke kan egter slegs verwys na prosedurele onreëlmatighede en daar sal nie oor die meriete van die dissiplinêre komitee se besluit gedebatteer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christa ·

hoekom pla wangedrag hulle…. Did mos hulle manier van dinge doen

Potlood ·

arme outjies. Die hele anc wangedra hulle en nou kry net ses outjies die skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.