Ses beamptes sterf in gru-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf beamptes van die departement van korrektiewe dienste en ʼn polisiebeampte is Maandagmiddag in ʼn ongeluk naby die Rooigrond-gevangenis in Noordwes oorlede.

“ʼn Voertuig met vyf beamptes van korrektiewe dienste en ʼn polisievoertuig het mekaar reg van voor getref. Vyf van die beamptes is op die toneel dood en die sesde beampte is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het Lawrence Ngoveni, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van korrektiewe dienste, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Die polisiebeampte was alleen in die voertuig en is een van die vyf persone wat op die toneel gesterf het.”

Die ongeluk het Maandag omstreeks 15:00 op die R501-pad, sowat 5km van Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng plaasgevind.

Volgens Ngoveni sal die name van die oorledenes bekendgemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Intussen het Michael Masutha, die minister van justisie en korrektiewe dienste, sy skok uitgespreek en saam met die ministers van die veiligheidsgroepering hul innige meegevoel aan die families en kollegas van die oorledenes betoon. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Dit verbaas my dat daar nie meer noodlottige ongelukke op die pad plaasvind nie te oordeel aan die padgebruikers se roekelose gedrag op die pad.

Dolk ·

So het elkeen gedink hulle bestemming en redes is belangriker as die ander een… En toe gee die Doodsengel hulle die groen lig – om mekaar tegemoet te kom… Tot vergelyk te spat…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.