ʼn Groep van ses mense, onder wie ʼn administrasieklerk by die departement van onderwys in Mpumalanga, sal na verwagting Maandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê al ses het reeds lasbriewe ontvang om Maandag in die hof te verskyn.
Hulle sal môre formeel in hegtenis geneem en na die hof gebring word.
Sekgotodi sê die lasbriewe volg op ʼn ondersoek deur die Valke na die administrasieklerk wat verantwoordelik was vir die hantering van betalings van eise wat by die departement ingedien is.
Die vrou het na bewering bykomende rekeningnommers verskaf en ekstra bedrae geld is glo in dié rekeninge inbetaal. Die geld is daarna na die rekeninge van verskeie van haar familielede oorgeplaas.
Die departement het volgens die Valke sowat R3 miljoen op dié manier verloor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Daar moet nuwe reëls gemaak word om te keer dat mense maklik hulle hande op geld kan kry.
Wat is die Politieke konneksie…en waar is die GROOT KANONNE
Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg !!!
Skelms, sluit toe en vorder die geld.
Kaders het elkeen ‘n meestersgraad in korrupsie. Hulle is vervuil in al die staatsinstansies tot by die kabinet. Al die vakke wat ekomiese groei, bevoegdheid, eerlikheid en werksetiek behels, het hulle met ‘n FF simbool gedruip.