Ses beseer ná skietery by taxistaanplek

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Dinsdagaand beseer tydens ʼn skietery omstreeks 18:30 by die Noordstraat-taxistaanplek in Joubertpark, Johannesburg.

Die oorsaak van die skietery en voorafgaande gebeure word deur die polisie ondersoek.

“Paramedici van Netcare 911 en die stad Johannesburg was op die toneel,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Ses mense is geskiet. Drie was in ʼn kritieke toestand en drie het ernstige beserings opgedoen.”

Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem nadat hulle op die toneel gestabiliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.