Ses beseer toe drie voertuie op N2 bots

Foto: Rescue Care paramedici

Foto: Rescue Care paramedici

Ses mense is beseer nadat drie voertuie Saterdagmiddag op die N2-Suid in Durban gebots en een van die voertuie omgeslaan het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care paramedici, het gesê nooddienste, wat omstreeks 12:30 na die toneel ontbied is, het twee mense gevind wat steeds in die voertuig, wat op sy sy gelê het, vasgekeer was.

“Brandbestryders en reddingswerkers het gehelp om die insittendes te bevry. Albei het ernstige beserings opgedoen en moes op die toneel gestabiliseer word voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is,” het Jamieson gesê. Vier ander mense is ook beseer en per ambulans na verskillende hospitale in Durban geneem.

“Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar een van die voertuie het na bewering in ʼn noordelike rigting gery en toe oor die middelman van die snelweg gery voordat dit teen die ander twee voertuie gebots het,” het hy gesê.

Die owerhede sal die botsing ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Dit wil lyk na gesig probleem en aan die slaap raak van bestuurder.

Cherokee ·

Seker weer ‘n Gautengbestuurder op KZN se paaie! Dit is waarom ons ‘n visumstelsel wil inkorporeer.

Ekke ·

Nee o aarde, waarom die bitsige kommentaar oor Gauteng bestuurders? Ek hoop dis n grappie…. Gauteng, veral Jhb, bestuurders is van die bestes in die land. Onnodig om oordeel te fel oor iets waarvan niemand werklik kennis dra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.