Ses beseer toe vragmotor en kar bots

Die ongeluk het by die Comaro- en Soetdoringaansluiting in Bassonia, suid van Johannesburg, plaasgevind. (Foto: ER24)

Ses mense, onder wie ’n swanger vrou, is Woensdag beseer toe ’n vragmotor en ligte voertuig gebots het.

Die ongeluk het kort voor 10:00 by die Comaro- en Soetdoringaansluiting in Bassonia, suid van Johannesburg, plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die vragmotor het met nooddienswerkers se aankoms by die toneel op sy sy gelê.

“’n Man was binne die vragmotor vasgevang terwyl vier ander mense naby die voertuig gesit het.

“Die swanger vrou het steeds in haar motor gesit.”

Volgens Meiring was dié vrou, die man in die vragmotor en nóg ’n man in ’n kritieke toestand terwyl die ander drie mense wat in die ongeluk betrokke was matige beserings opgedoen het.

“Spesiale toerusting is gebruik om die man uit die vragmotor te bevry.”

Een van die ernstig beseerde mans is met ’n helikopter na ’n nabygeleë hospitaal vervoer en die res in ’n ambulans.

Meiring sê die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Watse kar was dit. ‘n Donkie kMotorar of perdekar.
Of die goeie afrikaanse woord: Motor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.