Ses beseer tydens brand in Jhb

Argieffoto (pixabay.com)

Argieffoto (pixabay.com)

Ses mense, waaronder vier kinders, is Saterdagmiddag beseer toe ʼn brand in ʼn woonstelblok in Hillbrow, Johannesburg uitgebreek het.

“Twee verdiepings van die gebou het in ligte laaie gestaan toe paramedici en die brandweer by die toneel in Claimstraat opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Verskeie inwoners van die woonstelle het onder op die sypaadjie rondgeloop.”

Brandbestryders het dadelik begin om die brand te blus terwyl paramedici die beseerde persone ondersoek het. “Twee volwassenes en vier kinders het geringe tot matige rookinaseming opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Daar is gelukkig nie enige ernstige of noodlottige beserings op die toneel aangemeld nie.”

Paramedici het die pasiënte behandel en hulle na verskeie hospitale geneem.

Brandbestryders kon vinnig die brand blus.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

As mens sien hoe vuil en vrot die plek is verbaas dit niemand nie …Hillbrow is n GROOT gemors !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.