Petra December Nkosi (34), Sipho Mahlangu (35), Collen Mabuza (51), Willington Cenenda (36), Sam Masinga (41) en John Rahube (35) het Dinsdag in die Kriel-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, motorkaping en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Die saak is tot 10 Augustus uitgestel en hulle sal in aanhouding bly.
Nog twee verdagtes, Eddie Kekane en Robert Makabande, is steeds in die hospitaal onder polisiebewaking waar hulle herstel van die ernstige wonde wat hulle tydens die skietgeveg opgedoen het. ʼn Negende verdagte is tydens die voorval doodgeskiet.
Maroela Media het vroeër berig die Valke se afdeling vir die bestuur van taktiese operasies (Toms) het Sondag inligting opgevolg oor ʼn BMW wat gekaap is wat hulle na ʼn huis in Kriel gelei het. Met hul aankoms by die huis, het ʼn groep verdagtes op die polisie losgebrand. Die taakmag is ingeroep en agt verdagtes is in hegtenis geneem.
Tydens ʼn snuffeltog by die huis is daar op twee R4-aanvalsgewere, ʼn R5, ʼn AK47, plofstof en ʼn pistool beslag gelê. Daar is ook op drie BMW’s, een Mazda Drifter, ʼn Corsa-bakkie en ʼn Chrysler Voyager beslag gelê.
ʼn Beampte van die Valke wat tydens die skietery in die skouer gewond is, is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by die huis aan.
Geharde bende die, ek is bly hul is vasgetrek, maar wat pla is die feit dat hierdie krims voorkeur kry in ons hospitale! Hul word voor baie siek mense behandel, en le dan luilekker terug! As hulle hoor “gunshot wound” dan is die hospitaal in rep en roer, maar wees nou siek..
Brawe ouens die! Ek hoop die beampte word gou gesond by die huis, om vir ‘n volgende dag weer die misdadigers HEL te gee!! Mooi so!
Verstaan elkgeval nie hoe daai tiepe oot borgtog kan kry nie.
Baie snaaks hulle is borgtog geweier?Was die regter olik?Hulle mag mos weer vry rondloop tot die volgende hof datum hoekom nie?Ander regters doen dit dan met gevaarliker kriminele as die klompie boosdoentjies!Kan ons regstelsel net nie verstaan nie.
Baie dankbaar geen omstanders is gewond in hierdie woongebied nie -my kinders en kleinkinders woon in hierdie onmiddelike omgewing en was tuis toe hierdie wilde skietery plaadgevind het-dit is net Gods genade dat geen van die honderde rondtes wat gevuur is, hul getref het nie. Dankbaar dat hierdie skuim tans agter tralies is! Hoop die klomp uitvaagsels (wat die groot dele van Mpumalanga geterroriseer het) vir goed agter tralies sal sit!