Ses brand in bus dood

Die uitgebrande bus. Foto: SAPD

Ses mynwerkers het Maandagaand ʼn grusame dood gesterf nadat die bus waarin hulle vervoer is met opset aan die brand gesteek is en dié mense doodgebrand het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by die Driekop-busstasie buite Burgersfort in Limpopo gebeur waar mynwerkers opgelaai is om hul aandskof te begin.

Volgens Mojapelo het die bus omstreeks 20:00 by die stasie stilgehou toe twee onbekende verdagtes in die bus geklim het. Die verdagtes het ʼn vlambare vloeistof oor die bus uitgegooi, dit aan die brand gesteek en vinnig uitgespring. Die hele bus het onmiddellik vlam gevat met ongeveer 50 mense binne.

“Die polisie het vinnig gereageer, maar met beamptes se aankoms op die toneel, is die bus met ses slagoffers binne reeds heeltemal in die brand verwoes. Ons verneem die ander passasiers kon deur die vensters ontsnap, maar baie van hulle het brandwonde opgedoen,” het Mojapelo gesê.

Die uitgebrande bus in die agtergrond met polisiebeamptes op die toneel. Foto: SAPD

Hy het gesê 28 mynwerkers is met brandwonde na ʼn hospitaal gehaas. Vier mans en twee vroue het in die bus doodgebrand.

Mojapelo het gesê die polisie bied ʼn beloning van R500 000 aan vir enige waardevolle inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei. Hy het gesê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

ʼn Hoëvlak-taakspan wat bestaan uit lede van die Valke, SAPD-lede en lede van provinsiale intelligensie is aangestel om ses sake van moord te ondersoek. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of ao. Bethuel Mahlatji by 079 657 6873 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Maak nie saak ·

Maak nie saak wat ookal die motief, dit is ‘n gemene daad, laer as slangbollie. Bring die doodstraf terug!

Elvira ·

Stem saam. Wat de duiwel gaan in daai mense se koppe aan. Hierdie land is buite beheer en die polisie heeltemal te swak vir allea wat gebeur.

John Samuel ·

Ek wens mense wil tog ophou vra vir die doodstaf om terug gebring te word – so asof die doodstraf n “goue plyster”(afskrikmiddel??) gaan wees vir misdaad..

Vra jouself – indien lewenslange tronkstraf nie n afskrikmiddel is tans vir misdadegers, Wat maak doodstraf anders?
Wil ons n regering wat bewys het hulle kannie verantwoordelik met mag optree nie – nog verdere mag gee oor lewe & dood…?

Ek vra maar net…..

Jacques ·

Dit is n mooi voorbeeld van wetsgehoorsaamheid , of hoe Mev. Sisulu ? Ek glo jy sal saam met my stem .

Nettie ·

@John Samuel, ek kan nie méér saam stem met jou nie.

Die doodstraf is wenslik, ja, maar dit is nie die oplossing nie. Soos jy sê: as láng tronkstrawwe mense nie afskrik nie, sal die doodstraf ook nie, want – eerstens, vat sulke (en enige ander moord) strafregtelike sake baie lank; dit is uitstel op uitstel op uitstel. Daarna is daar (dalk) skuldigbevinding, met doodstraf-vonnis. En dan volg appèl, op hoërhof appèl, op konstitusionele hof appèl. Daarna, indíén doodstraf toepaslik is en dit bekragtig word, sit die doodveroordeelde vir etlike jare in die tronk, waar ek en jy (belastingbetalers) hom/haar tog maar moet onderhou. En dan kry die president van die land die een of ander jeuk in die agterwêreld en laat ‘n paar duisend “lang-dienende” gevangenes vry wanneer hy/sy verjaar …. en word geregtigheid tog maar nie gedien nie.

Sarel Strydom ·

2 mense teen 50 passasiers en niemand keer hulle nie?

Casper Labuschagne ·

Onsinnige daad volg op onsinnige daad en die een vergrype is meer skrikwekkend as die ander – dit is presies hoe ‘n revolusie lyk.

Halo ·

En hulle wil die land regeer en grond hê. Hier is ‘n duidelike voorbeeld dat hulle nie in staat is om leiding te kan vat nie. Hulle moet beheer word

Onaanvaarbaar ·

WINNIE MANDELA SE LEGACY … dan besing almal haar lof??? SKANDELIK!!

GM ·

Die polisie bied ‘n beloning aan? Hoekom die geval uitsonder? Tel hul lewens meer as ander s’n? Die dade van die kriminele is afskuwelik, maar netso is dit ook as boere gemartel en vermoor word, of as kinders verkrag word. Sterkte aan die naasbestaandes, en so ook aan dié wat die brand oorleef het.

Mooi demokrasie & veilige land ·

Dit is nou Mooi demokarasie & ‘n VEILIGE land Mev Sisula!!!!!! Ons moet dit ook buiteland toe stuur, dit is net so sinneloos soos Plaasmoorde. Gaan leer ‘n paar tree van jou kantoor af by Botswana, hulle pas doodstraf toe en hul werk net 1 keer per jaar, wow julle kan lekker chill en niks worry as jul net hul voorbeeld volg. Kriminele het geen regte in Botswana en dit hou hulle gehoorsame burgers.

Lollie ·

Wreed verby! Doen sulke dade aan hulle eie mense! Oor Marikana is een hengse storie maar die mense was self gewapen met stokke ens. Die op die bus was werkende mense wat onskuldig vermoor is!
Kry die skuldiges en laat hulle boet! SA kan doen sonder sulkes!

Hanna ·

Nou ja Lindiwe Sisulu, niemand het mos nodig om vir hul lewens te vrees in die wetsgehoorsame, demokratiese land van ons nie. Dit is mos wat jy die Australianers mee die kop gewas het? Lyk my ons twee leef in verskillende lande…

Bokka ·

Nou wat se jy nou mev sisulu dit is mos n wetsgehoorsame land waarin ons woon niemand oortree die wet in die land nie.

CG ·

Die nalatenskap van “With our matches and our tyres we will liberate this country.”

Oom Kalahari ·

Wat ‘n onnodige en sinnelose daad op onskuldige werknemers. Hoekom kry ek ‘n snaakse gevoel dat hierdie ‘n goedbeplande uitvoering is na Mrs Sisulu se pragtige stelling na die buiteland. Hierdie is weer om voor te le dat die misdaad nie net op blankes of boere is nie, maar ‘n algemene tendens opalmal om die visie te laat verander. Ons moet onthou dat die ANC deur jare heen baie strategiee ontwikkel het om hulself as die onderdrukker en swakkeling te laat sien, maar agter die ystergordyn is die werklike beplanninge. Alle sterkte aan hierdie werkers tot volkome herstel en die trauma wat hul moes deurgaan asook aan die famielies en vriende met hul geliefdes wat met hul lewens moes boet. Sulke optredes is blatante moord en hoop hul kry die sg “Jungle Justice”

Daagliks ·

Dis wat amper weekliks hier gebeur. Busse trokke word voorgekeer aan die brand gesteek en so word die pad toe gemaak. In minder as n maand is n bus, trok en 2 karre aan die brand gesteek sodat hulle n punt kan maak ( dis hoe hulle werk soek hier.)

Skokkend ·

MAAR WINNIE MANDELA se LOF WORD VANDAG BESING. DIE INISIEERDEER van dat alles moet BRAND .. NECKLACING is ook deur swart op swart gedoen .. so WREED was hierdie mense en steeds word hulle lof besing . WAT het dit jou gebaat om ses myners wat ook maar net vir hulle gesinne wou sorg AAN DIE BRAND TE STEEK??? Wat se orde en wetsgehoorsaamheid is dit ME SISULU??? HOE lank gaan jy nog vir die buiteland ‘n RAT VOOR DIE OE DRAAI????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.