Ses by lughawe vasgetrek oor ‘Covid-19-medisyne’

Foto: SAPD

Ses mense is die afgelope twee weke by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat ongeregistreerde medisyne ter waarde van R6 miljoen in hul besit gevind is.

Die ongeregistreerde medisyne, vermoedelik ivermektien en hoofsaaklik in tabletvorm, is waarskynlik vir verkoopsdoeleindes vir die behandeling van Covid-19 ingevoer.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het gesê vier mans en twee vroue is in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat hulle van Indië af in die land aangekom het.

Die ses verdagtes het reeds in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Medisynewet.

Foto: SAPD

Drie verdagtes, twee vroue en ʼn man, is Donderdag in hegtenis geneem. Die een vrou is met meer as 178 000 tablette in haar besit betrap, die tweede vrou met meer as 66 000 tablette en die man met meer as 49 000 tablette.

Die tablette het ʼn markwaarde van meer as R5 miljoen. Dié drie verdagtes sal vandag weer in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

Twee mans is ook Dinsdag by die lughawe in hegtenis geneem nadat ongeregistreerde medisyne in hul besit gevind is. Die een man is met meer as 18 000 ivermektien-tablette ter waarde van meer as R500 000 betrap en die ander man met ongeregistreerde medisyne van R25 000. Die twee verdagtes sal ook weer Maandag in die hof verskyn.

ʼn Man is ook op 13 Januarie op die lughawe in hegtenis geneem nadat meer as 24 000 ivermektien-tablette ter waarde van meer as R720 000 in sy besit gevind is. Die verdagte is vroeër op borgtog vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pio ·

Hoekom verskil die waardes van die tablette so? R17, R27 en R30? Wie het hierdie waardes bereken?

Drico ·

Wat kommerwekkend is, is dat hierdie mense almal summier in hegtenis geneem word, maar niemand in die weermag word aanspreeklik gehou vir die insmokkel van onwettige dosisse entstof nie. Dit laat mens wonder….

Blikke ·

Seker iemand wat sy skoolgeld moet gaan terugvra omdat hy nie somme kan maak nie….lol!!!

Werner ·

Natuurlik sal sit gekonfiskeer word anders sal die regering nie hulle entstof verkoop kry nie.Die regering het nog nie die monopolie op die produk nie.Ons bly in n derde wereldse misdaad staat met die regering wat die grootste misdaad sindikaat is

Natasha ·

So wat het die regering verwag gaan gebeur? Die sterkste instink van die mens is die een om te oorleef. Ja, mense buit die situasie uit,maar dis oor Ramaphosa en sy span traag is om mense te help om te oorleef oor almal nie swart genoeg is nie. Dit gaan net vererger!

Asgat ·

Wel kan ons hulle blameer om die medisyne in te smokkel? Die regering gaan eers die einde van die jaar (as ons gelukkig is), die entstof vir die normale burgers gee. Danksy die monopolie van die regering gaan desperate burgers natuurlik medisyne en entstop op ander maniere probeer kry.

Oomniklaassevriend ·

Ek wonder wat die pryse van die gekonfiskeerde medisyne op die swartmark gaan wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.