Sesde cholera-geval aangemeld

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die departement van gesondheid het Donderdag aangekondig dat daar al reeds ses cholera-gevalle in die land aangemeld is.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement, sê die pasiënt was ʼn 19-jarige vrou van die Emandleni- informele nedersetting in Benoni, Gauteng.

“Die uitbrekingreaksiespan het haar as pasiënt geïdentifiseer tydens uitgebreide kontakopsporing en gemeenskapsmobilisering waar byna 1 160 pasiënte betrokke was,” sê Mohale.

Die pasiënt was een van twee mense wat simptome en tekens van cholera getoon het en wat na die hospitaal verwys is vir toetse.

“Die pasiënt se toetsresultate was positief en sy is dadelik vir cholera behandel.”

Volgens Mohale herstel die pasiënt goed.

“Die gesondheidsbeamptes sal kontakopsporing en gesondheidsopvoeding in die geraakte gebiede verskerp.”

Hoewel daar geen rede tot paniek is nie, is die departement bekommerd oor die toenemende aantal cholera-gevalle en doen ʼn beroep op alle mense met cholera-simptome, met óf sonder plaaslike of internasionale reisgeskiedenis, om hul naaste gesondheidsfasiliteit te besoek.

“Cholera is behandelbaar en geneesbaar.”

Die departement het vroeër gesê dat cholera hoofsaaklik deur besmette en besoedelde water versprei word.

Mense kan die siekte direk opdoen deur dié water te drink of indirek deur besmette kos te eet.

Simptome sluit in braking, diarree, ontwatering en tamheid.

Die departement moedig mense aan om veral hul hande gereeld te was om oordrag te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Truman Burbank ·

Klimaats verandering is n werklikheid. Hulle maak seker daarvan

Di ·

DIT gebeur omdat Munisipalieite nie sorg dat water behoorlik gesuiwer word nie. Alles val inmekaar in die land en ons moet die gevolge dra. Verskeie mense laas jaar ook siek geword oor bakterie in die drinkwater in Gauteng

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.