Ses wilde diere is Vrydag in die Krugerwildtuin doodgeskok nadat ’n kragpaal weens stormweer in die veld omgeval het.
Volgens Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, is die karkasse van ’n kameelperd, twee leeus, twee hiënas en ’n renoster diep in die bos naby die Paul Kruger-hek aangetref.
Phaahla sê Eskom is na die wildtuin ontbied om ’n probleem aan die kragdraad in die veld te ondersoek nadat die park ’n kragonderbreking ervaar het. By hul aankoms op die toneel het hulle op ’n leeu afgekom wat aan die karkasse gevreet het. Die wildtuin se veiligheidsbeamptes is na die toneel ontbied.
“Ons is nie seker wat presies gebeur het nie. Ons vermoed dat die kragdraad die kameelperd getref het toe die kragpaal omgeval het. Die kameelperd se karkas het waarskynlik die ander diere gelok wat op hul beurt deur die gelaaide kragdraad op die grond doodgeskok is.”
Volgens Phaahla is die dood van dié diere ’n groot slag vir die wildtuin. “Natuurlik wil ’n mens nie jou diere verloor nie. Sommige dinge gebeur net.”
Die renoster se horing is deur veldwagters verwyder en in veilige bewaring geneem.
Volts grom nie vir jou nie maar is enige een se tier. Wonder hoe die renoster betrokke geraak het, dalk bloot nuuskierig?
As ek na die leeu se foto kyk, lyk dit vir my hierdie ou leeu hou van gaar vleis.
I can understand the Lion and 2 hiënas trying to eat the Giraffe. But where in heavens name does the Rhinoceros fit in?????
Renoster horing vir veilige bewaring weggevat. Ha Ha Ha