Ses dood by myn in Limpopo

Argieffoto

Ses mynwerkers is dood nadat ʼn brand vroeg Sondagoggend by die Palabora-mynmaatskappy in Phalaborwa, Limpopo, uitgebreek het.

Volgens die departement van minerale bronne het die brand glo by ʼn vervoerband begin en is inspekteurs van die departement onmiddellik na die toneel ontbied.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die reddingsoperasie het nog tot in die vroeë oggendure Maandag plaasgevind.

“Die soek-en-reddingsoperasie het tot omstreeks 02:35 vanoggend voortgegaan. Altesaam ses liggame is in die myn gevind en na die oppervlak gebring. Die oorledenes is almal mans en die proses om hulle te identifiseer is steeds aan die gang.”

Volgens Ngoepe is die presiese oorsaak van die brand nog nie bekend nie en word dit ondersoek.

Die departement het gesê sy ondersoek na die voorval sou begin sodra die brand geblus en die terrein veilig verklaar is. Die departement het sy meegevoel met die oorledenes se families betuig.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Suz ·

Baie sterkte aan elke een wat geraak word na hierdie voorval. Ons dink aan almal wat n geliefde verloor het.

David ·

Very sad day indeed for the community of Phalaborwa. As a family our sincere condolences to the affected families. You are in our minds and thoughts. Yaweh blessings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.