Ses dood in Benoni-skietery

Argieffoto (RabidSquirrel, Pixabay)

Argieffoto (RabidSquirrel, Pixabay)

Ses mense, waaronder ʼn kleuter, is dood en vier persone is beseer tydens ʼn skietery by die Chief Albert Luthuli informele nedersetting in Crystal Park, Benoni.

“ʼn Groep van 15 persone, gewapen met pistole en gewere, het Saterdagaand omstreeks 21:20 op ʼn groep mense buite ʼn spazawinkel losgebrand,” het Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Paar skote is op die plakkershuis gevuur en drie mans, twee vroue en ʼn tweejarige babadogtertjie is dood.”

Mogale het gesê die vier beseerde persone is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie vermoed dit hou dalk verband met onwettige mynbedrywighede.

Die verdagtes is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jacques ·

Baie lelik van jou ou maat,lyk my ons afrikaanse mense loop vandag rond met vreeslikke haat in ons.Ales daai veraaier De Klerk se skuld apartheid kon op n ander weg gevat geword het,dink daai ou het n helse klomp geld gekry vir wat hy gedoen het aan almal in die land selfs die swartes ly vandag ver meer as die apartheid tyd vir wat hy gedoen het.

Hein ·

Jacques, ONS loop rond met haat in ONS? Gaan kyk n bietjie rond ou maat,en sien hoe ONS mense daagliks op groot skaal vermoor, verkrag en gemartel word en hoe dit aangeblaas word deur die regering wat ONS melk vir belasting, terwyl ONS nie mag werk nie, ens, ens, ens. Nou vir hoe lank dink jy kan dinge nog staan?

Knersus D ·

Ek is net dankbaar dat hierdie voorval gebeur het in ‘n informele nedersetting en nie by ‘n kompleks in die voorstede nie – as julle verstaan wat ek bedoel!

jacques ·

Ek sien wat jy se Hein maar haat gaan nie die probleem oplos nie.Help nie ons sien alle swartes as die enemy nie, ons sal letterlik iets aan die probleem moet doen saam met die swartes wat ook suffer vandag onder die kurupsie en moord.
Kyk die vidio jy kan maar gaan opsoek op internet dis die waarheid wat hy praat die probleem in die land is groter as wat jy dink.
https://www.youtube.com/watch?v=zUKp8GnrvKY

sensasie ·

15 persone, 15 wapens x 2 skote elk = 30 skote. Dit noem ek nie ‘n paar skote nie. Dit grens al aan oorlog.

JoeV ·

Uitlander se winkel, plaaslike beheer van kompetisie, net om die les van koop by die winkels aan ander oor te dra? Selfde taktiek wat al voorheen aangewend is vir politiek.
Kom ons kyk wat kom uit die ondersoek.

EMK ·

Natuurlik ALMAL onwettige vuurwapens wat gebruik is maar sal die polisie nou dalk sommer ‘n klopjag in die area inisieer en al sulke goed bietjie minder maak? Nee, natuurlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.