Ses dood in botsing met boom

Die uitgebrande taxi. (Foto: ER24)

Ses mense is dood en vyf ander, onder wie ʼn kind, ernstig beseer toe ʼn minibus-taxi in ʼn boom vasgery het. Die taxi het aan die brand geslaan nadat dit die boom getref het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die ongeluk Saterdag om 19:30 gebeur. “Paramedici van ER24 en Gauteng se nooddienste is na die toneel in Tom Mullerstraat in Krugersdorp ontbied. Teen dié tyd was die taxi reeds in ligte laaie en die Wesrandse brandweer het die brand geblus,” het Vermaak gesê.

Paramedici het vyf mense, onder wie ʼn jong kind, met ernstige beserings aangetref. Hulle is op die toneel behandel en toe na die naaste hospitaal gejaag. ʼn Helikopter is ontbied om die kind na ʼn hospitaal te neem.

“Daar was egter niks wat paramedici vir die ses passasiers kon doen wat erg gebrand het nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Plaaslike owerhede was op die toneel en sal die presiese omstandighede rakende die ongeluk ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JM ·

Taxi’s was al verantwoordelik vir die dood van baie onskuldige mense. Hul roekeloosheid is skrikwekkend. Het al male sonder tal gesien hoe verkeersreëls arrogant geïgnoreer word en daar net voortgejaag word na die volgende bestemming, wat baie van hulle nie beleef het nie. En só saai hulle verwoesting op ons paaie.

JohanR ·

Lank al nie meer nuus in SA nie…..minibus taxi het in ‘n boom vasgejaag!

pieterweskaap ·

Ek het nogal empatie met die mense wat oor minibustaxivervoer verleë is.
Wat moet jy doen as daar nie alternatiewe vevoer beskikbaar is nie?

Stad Kaapstad se verkeerspolisie poog hard om die minibustaxibedryf te reguleer deur gereeld padblokkades op verskillend roetes te hou en voertuie waarvan daar uitstaande boetes vir verkeersoortredings op rekord is asook onpadwaardige voertuie, van die pad af te haal.
Taxibestuurders sonder lisensies en/of PrBP(Professionele Bestuurspermit) word ook beboet
en die taxi word geskut.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.