Ses dood in gru-botsing

Foto: ER24

Ses mense is dood en drie beseer in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor Saterdag in Limpopo.

Paramedici van ER24 en ander nooddienste was kort ná 17:00 op die toneel op die R71 naby Letsitele tussen Gravelotte en Tzaneen.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die motor in die pad gestaan terwyl die bakkie op sy dak gelê het. Albei voertuie is erg beskadig in die botsing.

“Twee mans en twee vroue was in die bakkie vasgekeer. Vyf pasiënte is in die motor gevind. Die twee vroue in die bakkie en een van die mans het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Twee insittendes van die motor is ook in die botsing dood.”

Foto: ER24

Die ander man in die bakkie en ʼn man in die motor het albei kritieke beserings opgedoen. “Meganiese toerusting moes gebruik word om die mans uit die wrakke te bevry.” Volgens Meiring het dit ʼn paar uur geduur om die mans te bevry.

Die twee mans is na ʼn hospitaal gehaas nadat hulle bevry is. “Een van die mans het egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.” Die twee ander insittendes van die motor het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannetjie ·

Ek wil kommentaar lewer op die verskriklike ongeluk.My innige simpatie aan almal wat geliefdes daar verloor het, asook hulle wat beserings opgedoen het.
Wat ek wel wil uitstippel.Ek woon in Tzaneen.En ek besoek met tye my kinders wat op R71 woon….toevallig klipgooi van die ongeluks toneel af.
Die pad is is bekend vir ..veral vanaf Tzaneen tot Gravelotte…vir noodlottige ongelukke.Ekself en my kinders en honderde ander padgebruikers…al deurgeloop onder uiters onverantwoordelike bestuurders.Word behoorlik van die pad afgedwing…sodat verbygesteek kan word op plekke waar jy nie verby mag gaan nie.Dit is ‘n nagmerrie..en mens bid en hoop om veilig by jou huis te kom.

Chris Ws ·

Innige simpatie met die familie van die wat oorlede is.Dis tragies.Ons paaie het in ‘n paar jaar se tyd ontaard in ‘n slagveld en die regering of te wel Minister Van Vervoer voel vere.

Yankee ·

Chris. Slagveld op SA paaie?? Daarmee stem ek saam met jou. Maar as n ou nou gesuip by die huis aankom, is dit nou ook die Minister van gesondheid se skuld??

Aapstert ·

Ek stem saam met Yankee. Gister gaan ‘n trok my op ‘n soliede wit streep verby (ja, ek het by die spoedgrens gehou). Bel ek sy werkgewer of die Minister van Vervoer? Wie se skuld is dit??
Observasie … minder eienaars sit nommers op wat jy kan bel, hulle word seker oorval met klagtes.

Chris Ws ·

Die Minister van Vervoer het die mag om duisende meer verkeerspolisie op ons paaie te ontplooi.Ramaja wil werkskep maar het nie ‘n clue hoe nie.Hier is ‘n geleendheid om duisende werke te skep .Sit spoedlokvalle elke 10km op nationale paaie en snelwee deur die land .Laat verskeerspolisie op strategiese plekke staan soos blinde hoogtes en dele waar dit baie gevaarlik is om verby te gaan en trek oortreders af en beboet hulle styf en ek WAARBORG ‘n baie laer ongeluksyfer op ons paaie.

Corné ·

Innige simpatie vir al die familie.
Daai was spoed se skuld en dit het begin skemer raak en die mense sit nie ligte aan nie, die mense ry vieslik op daai pad en daar is nie regtig verkeers beamptes op daai pad nie so mense ry soos wat hulle wil.

Hannetjie ·

Dankie Corne, ek sien dat jy ook bewus is van daardie pad.Ons moet begin met aksie om die persone wat betaal word om daar diens te doen, te forseer om uit hul gemaksones uit te “val’ en begin om hul goed besoldigde salaris te verdien

IK ·

Kyk op die foto vd bakkie waar die agteras met wiele te sien is skuins agter die voertuig. Hierdie moes ‘n geweldige botsing gewees het. Alle aanduidings wys dat dit ‘n trompop botsing was.

Thomas ·

Dit gaan nooit beter word nie, al maak die verkeerspolisie wat. Stopstrate, robotte, sperstrepe, noodbane, noem dit, dit word geïgnoreer deur ‘n nuwe generasie, en dit sluit alle kulture in. Selfs die wat jare lank al bestuur blyk om te besluit het “If I can’t beat them, I’ll join them”. My oupa het in die laat vyftigerjare al gesê enige bobbejaan kan ‘n stuurwiel vashou, maar min kan bestuur. Ek begin glo dat AARTO met punte wat weggeneem word tot jy jou lisensie verloor is die enigste oplossing. Nie die volmaakte een nie, maar wat anders? Die wat nie wil hoor nie moet hul lisensies verloor. By ‘n 4-rigting straat naby my het ek my tuinwerker nou die dag gevra, vir ‘n ekstra fooi, om af te merk, vir ‘n uur, hoeveel bestuurders stop glad nie . 476! ‘n Halfuur daarvan was in rush hour met meer verkeer, so dit is veel hoër buite besige ure.

Omgekrap ·

Dis tyd dat die R71 beman word met die nodige mense om ongelukke te verhoed!!! Hoe daar op die pad tussen Tzaneen en Letsitele bestuur word is ONAANVAARBAAR! Hoeveel mense moet nog sterf voor daar iets gedoen word aan die situasie? Presies dieselfde op die Deerpark pad …. die land raak belaglik!!!!

Boet Fasie ·

Waar is die verkeersbeamptes wat die wet moet toepas, dit help nie daar is spoed beperkings, stop tekens ens. en niemand wat die wet toepas nie. Die wettoepassers wat daar wel is, vat nog omkoopgeld by motoriste, so hulle beteken ook niks.

Tzaneen ·

So hartseer. 2 jong seuntjies se mamma en pappa was in die bakkie en oorlede

Chantel ·

Die twee wat oorlede is was my neef en sy vrou. Ons harte is stukkend. Hulle noet regrog iets doen met daardie pad..

Adri Conradie ·

Dit is my suster se 2 kinders in die Ford ander voertuig het blykbaar by solide streep verby gegaan.

Chantel ·

Die twee wat oorlede is was my neef en sy vrou. Ons harte is stukkend. Hulle noet regrog iets doen met daardie pad..

Lizelda ·

My innige simpatie aan die families en vriende. n Ongeluk gebeur so vinnig, en dan is alles net verby. Baie sterkte.

Hayley ·

Chantel – vir my is dit weer my niggie en haar man, baie sterkte vir julle familie ook.

Eddy ·

Ek is van mening dat verbysteek(overtake) is seker die gevaarlikste aksie op die pad want jy plaas jouself in die pad van die aankomende verkeer.Dis gevaarlik.Mens moet absoluut seker wees die pad is veilig voor jy verbysteek

SUSAN ·

Ons dogter was ook ‘n slagoffer van die R71
Daar gaan nie ‘n dag verby wat jy nie aan hulle dink of treur nie. Vreeslik tragies.

My hart bloei vir julle almal .
Sterkte aan al die families.

wynand ·

Verkeers beamptes word geprogrammeer elke oggend as hulle aan diens rapporteer
As jy geprogrammer is om onder ‘n boom te sit en slaap dan doen jy net dit.
Gewoonlik sien jy nie verkeers beamptes nie maar Vrydag was daar 12 beamptes wat ‘n begrafnis stoet begelei het in Pretoria Noord en dit was nie die grootste stoet wat ek al gesien het nie. Hulle kan gerus OUTSURANCE se mense kry om dan verkeer te reel en die verkeers beamptes beter gebruik

Margaret ·

Sò tragies en hartseer? Sterkte aan die families en vriende! Ons bid julle God se genade, en vertroosting toe!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.