Ses dood in Limpopo-myn: Name bekend

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

Die polisie het Dinsdag die name van die ses mynwerkers wat Sondagoggend in ’n brand by die Palabora-mynmaatskappy in Phalaborwa, Limpopo, dood is, bekend gemaak.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die families van die ses slagoffers kon hul geliefdes identifiseer as Shaun Mashigo (26), Peter Selowa (32), Vula Eckson Mayindi (60), Kgotso Peter Sekgobela (29), Lebogang Elliot Maake (37) en Russel Ricardo Warne (24).

Dié mynwerkers, almal van die Phalaborwa-omgewing, is in die vroeë oggendure van Sondag ondergronds vasgekeer toe ’n brand in dié kopermyn in Phalaborwa uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig dat die brand vermoedelik by ’n vervoerband uitgebreek het waarna inspekteurs onmiddelik na die toneel ontbied is.

’n Reddingspoging is van stapel gestuur, en die liggame van die ses mynwerkers is omstreeks 02:35 Maandagoggend na die oppervlak gebring.

Die presiese oorsaak van die brand is nog onbekend en word deur die Phalaborwa-polisie ondersoek.

Ngoepe het bygevoeg dat die polisie geregtelike doodsondersoeke doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.