Ses dood in ongelukke op N3 en N6

(Argieffoto: Hansie Linde)

Twee noodlottige ongelukke op onderskeidelik die N3 en N6 in die Vrystaat het die lewens van ses mense geëis.

Twee minibustaxi’s het Vrydag in die vroeë oggendure op die N6 sowat 10 km buite Bloemfontein gebots. Volgens sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, is die Reddersburg-polisie omstreeks 03:45 na die toneel ontbied. Vyf mense is op die toneel dood verklaar en 11 beseerdes is behandel voor hulle vir verdere mediese sorg na nabygeleë hospitale geneem is.

Albei taxibestuurders en drie passasiers het in die botsing omgekom. Die presiese omstandighede van die voorval word ondersoek.

Vier motors en ʼn vragmotor was omstreeks 07:15 in ʼn kettingsbotsing op die N3 betrokke. Een persoon is dood en albei kante van die N3 is na die ongeluk gesluit. Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag in verband met albei noodlottige ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.