Ses dood in skietery in Khayelitsha

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Ses mense is Sondagaand, in die soveelste voorval vanjaar, in Khayelitsha, Kaapstad, doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê speurders van georganiseerde misdaad ondersoek die voorval.

Polisiebeamptes is omstreeks 20:00 Sondagaand na die toneel op die hoek van Maphongwana- en Idadastraat ontbied waar hulle op die liggame van vyf mans afgekom het. ’n Sesde persoon wat na die skietvoorval na die hospitaal gehaas is, is kort na sy aankoms dood verklaar.

Daar word tans gepoog om die identiteite van die oorledenes vas te stel.

In Maart vanjaar is ses mense in die Enkanini- informele nedersetting doodgeskiet. Twee vroue en vier mans, tussen die ouderdomme van 18 en 27, is dood toe drie verdagtes lukraak skote op slagoffers in Lindelaweg afgevuur het.

Dié voorval is voorafgegaan deur nog ’n voorval waartydens vyf mense in die Endlovini- informele nedersetting doodgeskiet is. Vier mans en ʼn vrou is dood nadat onbekende skieters ’n sinkhuis in Monwabisi Park genader en losgebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swerwer ·

En waar is die EFF/ANC nou……………..waarom word daar nie getoi-toi nie.

Anton ·

Vat kriminele se mense regte weg, en bring die doodstraf terug. Laat die Polisie toe om hulle werk te doen sonder om vervolg te word.

Tanniepetoors ·

Dink die mense hulle is op ‘n rolprentstel waar die “baddies” agterna opstaan en wegloop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.