Ses dood in Vrystaat-ongeluk

(Argieffoto: ER24)

ʼn Botsing op die N8 in die rigting van Botshabelo in die Vrystaat het Saterdagmiddag ses lewens geëis.  Minstens nege ander mense is beseer.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici was kort na 17:30 op die toneel.  Verskeie pasiënte het in die pad gelê.

ʼn Motor het in die pad gestaan, terwyl ʼn bakkie etlike meter verder omgeslaan het.  Die voertuie het oënskynlik reg van voor gebots.

Vyf mense, onder wie twee kinders en ʼn baba, is op die toneel dood verklaar.

“Nege mense het matige beserings opgedoen.  ʼn Jong kind is ernstig beseer.  Sy is na ʼn hospitaal vir behandeling gevlieg, maar het kort ná haar aankoms daar weens veelvuldige beserings gesterf.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Hoeveel lewens het die N8 oor die jare geeis

Sênet

Dis tragies