Ses dood op brandende boot

Die ses mense wat vermis was nadat ʼn vissersboot Donderdag in die Durbanse hawe aan die brand geslaan het, is vanoggend in die vroeë oggendure dood aangetref.

Maroela Media het vroeër berig die brand het gistermiddag op ʼn boot in die Bayhead-area uitgebreek.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê reddingswerkers het deur die nag gewerk om die vlamme te blus sodat hulle aan boord kon kom om die bemanning te hulp te snel. Omstreeks 02:00 vanoggend is ses mense se liggame op die boot aangetref.

Nog drie mense is gistermiddag op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Jamieson is die oorsaak van die brand nog onbekend maar sal die voorval deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.