Ses dood, talle beseer in gru-botsing op N8

Foto: Twitter via @TrafficSA

Ses mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus Maandagoggend van agter teen ʼn stilstaande vragmotor op die N8 buite Bloemfontein in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het ongeveer 15 km buite die stad gebeur. Verskillende ambulansdienste het hulle na die toneel gehaas.

“Met ons aankoms het ons die bus en die vragmotor langs die pad aangetref. Die hele een kant van die bus was oopgeruk,” het Meiring gesê.

Hy het gesê van die passasiers het langs die bus gelê, terwyl ander op die toneel rondgeloop het. “Ses vroue het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar. Ongeveer 50 ander pasiënte het geringe tot kritieke beserings opgedoen.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale gehaas is. Een van die kritiek beseerde passasiers moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word.

Beamptes ondersoek nog op die toneel die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkie ·

Frikkie het al gesien hoe daardie busse onverantwoordelik op daardie pad bestuur word! Die afsterwe van die passasiers is tragies en die bestuurder moet sy pakslae kry

Ouma ·

Ek ry elke dag die M1 snelweg, en as jy sien hoe van daardie busse van die een baan na die ander verwissel asof hulle met ‘n klein karretjie ry, maak dit my so kwaad. Ek dink ek is ‘n ordentlike padgebruiker en gee hulle gewoonlik ‘n “gap” om voor my in te kom. Maar as ek sien hulle gaan van die een baan na die ander, kan hulle maar vir ewig wag. Taxi’s bly egter die cherry op die koek. Al wat hulle doen is om so ‘n lamlendige armpie by die venster te laat uithang en jy moet pad gee. Dit is dan ook presies wat ek doen. Ek gee pad en gee hom ‘n “gap”. Liewer dat hy voor my ry as agter, of langs my. Ek moet sê die vroue busbestuurders gedra hulle goed op die pad.

Denise ·

Het van Pretoria af gekom na ‘n operasie. Ry Moloto pad, Patco bus ry verby ons en ‘n ander voertuig, ons ry reeds 120km! Ek het gebid die hele tyd wat hy ons verby gevat het, ons het dadelik spoed sommer verminder. Ons kon nie glo dat daardie bus teen daardie snelheid verby ons is nie. Daar is geen respek vir mense lewens nie. Moet net eerste daar kom, dis al! Ons koes ook altyd vir ‘n taxi en bus, laat hy maar voor ry, ek sal maar eerder geduldig agter bly, my spasie en spoed hou! My lewe is belangriker as om voor te wees!

Johan Fourie ·

25 betaal kar klaar die 2de tref die selfte my waar n bestuurder met 7 mense in n toyot bot stil staan in die pad terwyl hy russie maak met n texi drywer wat langs hom staan op die grond pad ,oor wie mense mag op tel en wie mag nie.Die leandra pad na kinross toe en wat dit nog erger maak die texi het hulle staan plek reg langs die pad gemaak,wat met mense aan vat as hulle dit durf om hulle n ry geleendtyd te gee,kar voor my net betyts uit ge draai maar ek tref hom reg van agter af ,op daai pad dis al of hulle wag vir n blinde hoogte of sper streep,dan wil hulle verby gaan.Maar as daar stippel lyne is kan hulle nie vinniger as 60 op n 120km en ook dan nie verby gaan nie.Ek het een proebleem baie van hulle 90%gaan vir hulle ry bewys op n 4 ton trokkie en daar na ry hulle kar want die ry bewys laat dit toe .HULLE STOP NET WAAR HULLE WIL EN HOE HULLE WIL

dries ·

Julle kan maar skryf en praat soos julle wil, maar as die verkeers owerhede nie wil luister kan julle maar vergeet.

Kosie ·

Hierdie tipe ding gebeur gans te veel. Alle voertuie (swaarvoertuie in besonder) moet gedwing word om ‘n “liggewende” waarskuwingsteken aan te skaf. Indien die voertuigbestuurder homself in die posisie bevind dat hy gestrand is in die middel van die pad, moet hierdie waarskuwingsteken minstens 100m agter die gestrande voertuig opgerig word om aankomende verkeer te waarsku.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.