Ses dood, talle beseer in gru-botsing

Die ongelukstoneel (Foto: Verskaf)

Ses mense is dood en minstens 18 beseer in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen ʼn groot vragmotor en ʼn klein vragmotor in die Wes-Kaap. Die ongeluk het Dinsdagoggend op die N1-snelweg digby die Montagu-afdraai tussen Touwsrivier en De Doorns plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici, asook beamptes van Life Healthcare en die Wes-Kaapse Metro is Dinsdag omstreeks 08:00 na die toneel ontbied.

Met hul aankoms op die toneel het hulle die twee vragmotors in die middel van die pad aangetref. Talle insittendes het  oor die pad versprei gelê.

“Ses mense is op die toneel dood verklaar. Paramedici kon niks vir hulle doen nie,” het Meiring gesê.

Minstens 18 mense het geringe tot kritieke beserings tydens die ongeluk opgedoen. Een insittende wat kritiek beseer is, is per helikopter na ʼn hospitaal in Kaapstad vir mediese behandeling geneem. Die ander beseerdes is op die toneel behandel en toe na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese sorg.

Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het die een vragmotor plaaswerkers vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

Ek verstaan hierdie nie tydens inperking wanneer paaie veronderstel is om 70% minder verkeer te he en mense by die huis moet bly is twee voertuie in n kop aan kop botsing betrokke en die een voertuig vervoer plaaswerkers,wat is verkeerd met hierdie prentjie?

Anoniem ·

Wys jou nou net altesaam was hulle 24 mense nou waar is die inperking nou want se daar was 2 persone in die groot vrag motor dan was daar 2 voorste insittendes in die kleiner vrag motor en 20 agter op die bak dus moes die bak 10 meter lank wees en dan kon hulle 1meter uitmekaar gesit het en twee rye gevorm het. Dan was dit mos nie n klein vragmotor nie want n 8ton trok se bak is 5.5 of 6meter lank. Wanneer gaan mense luister
Die eienaar van die kleiner voertuig moet aangekla word.

Frank ·

Simpatie aan die naasbestaandes. Hier by ons in Limpopo (en ek glo elders in die land ook) word jy dikwels gedwing om na die linkerkant (of in die geelstreep) te beweeg sodat bestuurders kan verbysteek, dikwels op ‘n sperstreep. Hulle kom net eenvoudig oor na jou kant, want “jy kan mos sien dat hulle aankom”….. Eisch

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.