Ses dood, talle beseer in KZN-ongelukke

Argieffoto.

Argieffoto.

Ses mense is Vrydagaand dood en 37 beseer in ongelukke aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê twee vroue is dood nadat die Toyoya Avanza waarin hulle gery het, op die N2 naby Ifafa omgeslaan het. Vier mense is in die ongeluk beseer.

Vier mense is dood in ‘n ongeluk op die N2 naby Harding, in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn motor. Mckenzie het gesê tien mense is in die ongeluk beseer.

Intussen is 23 mense beseer in ʼn kettingbotsing tussen vyf motors op die R61 in Ramsgate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Ter voorbereiding van die vakansie? Ek hoop ek is verkeerd.
K53 is NIE die aangewese vir ‘n bestuurslisensie nie. Ons aanvaar dat almal nie die Springbokspan, die Proteaspan, formule F1-kampioen kan haal/wees MAAR ons reken dat ons kan maak op die pad netsoos ons wil. Ons dring daarop aan dat ‘n bestuurslisensie ons reg is deur die basiese van die K53 aan te voldoen. Soos met enigiets wat vaardigheid vereis en waar dom-, onnosel-, ongeduldige-, selfsugtige-, eie ek-, hardkoppige-, humeurige-, dikvellige-, kansvatterige houding jou duur te staan gaan kom; so is voertuigbestuur nie iets vanselfsprekend wat jy dink jy kan sommerso bemeester.
Jy kry daagliks met padvarke en toestande te doene waarop jy voorbereid moet wees; dis hier waar K53 vir jou weinig beteken.
Na 55 jaar is ek nog steeds besig om te aanskou hoe po@ph@lle hulle op die pad gedra. Verlede Donderdag weer die verkeer in Pretoria se middestad aangedurf en die grootste vrees is WANNEER DIE ROBOT ORANJE SLAAN EN EK KAN STILHOU MAAR DIE EEN AGTER MY DINK EK GAAN OORJAAG EN HY WIL ÓÓK NOG MAAR EK STOP EN . . .

Isabella Archer ·

Ek stem saam met jou Peet. Wat ek er aar is die stop op n linker draaibaan en wanneer die lig groen slaan word daar voor die regter draaibaan se verkeer ingejaag.

Xxx ·

Dink dis die gebruik v WA ens wat die risiko van ongelukkig verhoog. Hou net dop hoeveel bestuurders ry met selfone in hulle hand. Dink WA is baie meer gevaarlik as praat op n selfoon. Selfone se gebruik terwyl bestuur is ‘n onding. Daar moet n ander oplossing gevind word vir die gebruik van kommunikasie/selfone.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.