Ses dood toe bakkie, bus bots

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Ses mense is dood nadat ʼn bakkie en ʼn bus Maandagaand op die N4 naby Belfast in Mpumalanga reg van voor gebots het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê swaar reënval het vermoedelik veroorsaak dat die bakkiebestuurder beheer oor die voertuig verloor het wat tot die botsing gelei het.

“Die bus was van Mosambiek op pad en het 40 passasiers aan boord gehad. Die bakkie het in die teenoorgestelde rigting tussen Nelspruit en Middelburg gery,” het Mabuza gesê. “Ses insittendes van die bakkie is in die botsing dood terwyl die busbestuurder ernstige beserings opgedoen het. Twee passasiers van die bus het geringe beserings opgedoen.”

Mabuza het gesê die bakkie het ʼn Gauteng-nommerplaat, maar die oorledenes se identiteit is nog nie bekendgemaak nie. ʼn Ondersoek na die ongeluk is reeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Bus was van Mosambiek op pad – Ry Wes op N4
Bakkie vanaf Nelspruit op pad Middelburg toe – Ry Wes op N4
Dit is nie teenoorgestelde rigting nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Piet Pompies

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die presiese omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek. Die berig is intussen gewysig om enige onsekerheid uit te skakel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Eindresultaat ·

Ek is jammer om te sê dat die eindresultaat blyk ook SPOED te wees.
Mense, vat dit kalm veral wanneer die pad nat is !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.