Ses dood, twee beseer toe motor rol

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie jong kinders en drie volwassenes is dood en nog twee beseer nadat ʼn sportnutsvoertuig Vrydagaand op die R36 naby Mooketsi in Limpopo gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die wrak van die voertuig langs die pad teen ʼn boom gevind. Die liggame van die insittendes het buite die voertuig gelê nadat hulle tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is.

“Twee meisies en ʼn seun, tussen die ouderdomme van 4 en 10, het buite die voertuig gelê en het reeds aan veelvuldige beserings beswyk,” het Meiring gesê. “Twee volwassenes se liggame het ook buite die voertuig gelê, saam met drie ander passasiers met ernstige beserings.”

Volgens Meiring is die beseerdes deur twee verskillende ambulansdienste na die Kgapane-hospitaal gehaas, maar een vrou is op pad na die hospitaal dood.

Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie en die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stephne ·

Dit gaan nou baie ongevoelig klink maar as jy dom is moet jy maar sukkel. As jy in n voertuig wil klim sonder om n sit plek gordel te dra of saam met n persoon wil ry wat gedrink het moet jy maar die prys betaal. Die regering kan ook net soveel doen om n mens te waarsku. Mens kan n perd ook maar net tot by die water bring…

DPJ ·

Weer nie veiligheids gordels gedra nie. Wes-Kaap se owerheid het juis ‘n advertensie veldtog oor die dra uitgesaai. Wanneer gaan “MENS” gehoor gee aan versoek?? Nooit nie!!

Lulu ·

Dis baie hartseer maar miskien moet hulle die “First Kiss” video gekyk het. Klink my nie een van die oorledenes het sitplekgolrdels aangehad nie.

Asjas ·

Die tipe voertuig kan 7 mense gemaklik vervoer. Drie was kinders maar die groot probleem hier blyk geen veiligheidsgordels te wees?

koos ·

ñ Bmw x5 kan nie 7 mense of self’s agt personse vervoer nie. 5 sitplekke, 5 veiligheids gordels

JD ·

Nie dat ek n kenner is nie maar die feit dat sitplek gordels nie gedra is nie( 5 sitplek gordels vs 9 mense) en spoed as jy na die wrak kyk dink ek het n rol gespeel. Volwassenes kan n keuse maak of jy gaan vasgordel of nie, of jy in n voertuig gaan ry wat jaag of nie maar kinders is aan die genade van die volwassenes om die beste keuses te maak vir hulle ook wat nog te jonk is.

Rochelle Stewart ·

Die “First Kiss” video het dit verkeerd. Die meisie dra ‘n sitplekgordel maar beswyk nog steeds. So die hele konsep is verlore.

Tiger ·

Paasnaweek bly ons van die paaie af.En sitplek gordels word gedra elke keer as ons erens heen moet ry.

Tamz ·

Kyk bietjie die stuurwiel se lugsak – dit het duidelik nie ontplooi nie. Die stuurwiel en veiligheidsgordel werk saam in hierdie voertuie, so as jy jou veiligheidsgordel aanhet tydens ‘n ongeluk, ontplooi die lugsakke outomaties (ons ry ook een) Ai, arme passasiers, met net een onverantwoordelike vark agter die stuur is klomp lewens kortgeknip :(

Tiger ·

Tamz ons was in ‘n ongeluk waar ‘n voertuig van agter af in ons vasgejaag het .Ek was 4 maande in die hospitaal en het ‘n brein besering opgedoen.Ek Praat nie lekker nie en sukkel om na 3 jaar te leer loop. Ek was die passasier voor in die motor.Die lugsakke het NIE ontplooi nie want hulle ontplooi net met ‘n botsing van voor.Gelukkig ry ons altyd vasgegordel anders was ek en my man verseker dood.Ek dink veiligheids gordels is meer effektief as lugsakke maar albei kan jou baie seermaak tydens ‘n ongeluk.

corrie steyn ·

Weereens waardevolle lewens verwoes deur nalatigheid. Dit maak seer elke keer ad sulke nuus na vore kom.

Mariana ·

Ek dra n veiligheidsgordel uit verpligting, nie omdat ek wil nie, as n mens na die wrak kyk kan ek nie anders as om te wonder of die insittendes nie maar tog sou sterf binne in die kar ook nie. Die probleem is die feit dat die motor oorlaai was en moontlik teen n baie hoe onwettige spoed bestuur is. N ding wt my ongelooflik grief is dat ouers hul kinders nie leer om stil te sit in n voertuig nie, hul word toegelaat om rond te staan op die sitplekke, of tussen die voorste sitplekke om met mammie en pappie te gesels. Hulle hang hul armpies by die vensters uit, selfs hul koppies, selfs met n ligte ongeluk is daardie kindertjies se kans vir oorlewing. Of wegkom met ligte beserings 0. Ek voel soms ek kan so n voertuig stop en die bestuurder agter die stuur uitruk en n paar warm klappe gee. Die veiligheid van passasiers bly die verantwoordelikheid van die bestuurder en daarom voel ek die bestuurder moet swaarder gestraf word ongeag van die ernstigheid van die ongeluk en of hy verantwoordlik was vir die ongeluk of nie, dis nou te se as hy nie self in die ongeluk omkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.