Ses ‘dronk’ taxibestuurders aangekeer

Argieffoto

Ses minibustaxibestuurders is oor die naweek tydens ʼn padblokkade in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo onder die invloed van alkohol passasiers vervoer het.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het Maandag gesê die padblokkade is Saterdagoggend by die aansluiting van Wettonweg en Rosmeadlaan in Wynberg gehou.

Die taxibestuurders is deel van ʼn groep van 112 motoriste wat die afgelope vier dae deur verkeersbeamptes in hegtenis geneem is omdat hulle onder die invloed van alkohol bestuur het. Een van die verdagtes was meer as 10 keer oor die wettige perk vir bestuurders met ʼn openbare bestuurspermit, wat 0,02 mg/l is.

“Ons ervaar ʼn toename in die aantal taxibestuurders wat vir bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem word en dit is uiters kommerwekkend,” het Smith gesê.

“Duisende mense vertrou elke dag op hierdie vervoermiddel. Asof sommige taxibestuurders se bestuursgedrag nie al kommerwekkend genoeg is nie, verhoog die feit dat alkohol ook in die gedrang kom die risiko’s wat hierdie pendelaars ondergaan,” het Smith gesê.

Smith het ʼn beroep op die taxibedryf gedoen om “wakker te word” en die stad te help om dit uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CAROL ·

Ai tog genade … hier kom nog n strike. Hul het laas gestrike want hulle wou gehad het hul boetes moet afgeskryf word. Nou gaan hul strike omdat hul wil mag kan drink terwyl hul werk!!!

Gerbrandt ·

Is hulle nie ook veronderstel om veiligheidsgordels te dra nie.lyk of owerhede dit heeltemaal miskyk.

Alida ·

Die vals lisensies word dan wyd en syd versprei en verkoop aan elke jan rap en sy maat. Dan kan hy seker maar drink ook. 19 dood in een ongeluk. Afgryslik.

Tienie ·

Net 6 ? Soos hulle bestuur sal ‘n mens sê almal is dronk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.