Ses ernstig beseer in fratsontploffing by lugskou

Een van die uitstallings Saterdag (7 Mei 2016) by die Swartkops-lugskou. Foto: Kobus Bezuidenhout

Een van die uitstallings Saterdag (7 Mei 2016) by die Swartkops-lugskou. Foto: Kobus Bezuidenhout

Ses mense is met ernstige brandwonde na verskillende hospitale gehaas nadat ʼn spuitblik Saterdag by ʼn lugskou in Pretoria ontplof het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die blik kleefvrye kossproei het by ʼn stalletjie by die Swartkops-lugskou ontplof.

“Paramedici het dadelik nader gehardloop en gevind dat ses mense erge brandwonde opgedoen het en in ʼn ernstige toestand was,” het Botha gesê. “Paramedici het onverpoos gewerk om die beseerdes te stabiliseer voordat hulle per ambulans na verskillende hospitale geneem is.”

Kol. Keith Fryer, hoof van die Swartkops-lugskou, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die lugskouprogram is nie deur die voorval geraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alan Norie ·

Baie mense besef nie dat die kleefvrye aanspuit produkte hoogs vlambaar is en spuit braaipanne terwyl hulle op brandende gasplate staan. Die sproei veroorsaak dikwels ‘n vlam soos ‘n ” flame thrower” en kan brandwonde tot gevolg hê. Dit sal nie noodwendig tot ‘n ontploffing lei nie. Ontploffings is gewoonlik veroorsaak wanneer die blik aan hoë hitte bloodgestel word soos wanneer dit te na aan ‘ n bron van hitte staan of op ‘n baie warm oppervlakte staan of op ‘n brandende vullishoop gegooi word b.v. ‘n afval put by ‘n kampterrein ( onthou ‘n Voortrekkerkamp waar die veld deur so ‘n ontploffing aan die brand gesteek is)

Eddie ·

Waar kan n mens uitvind wanneer daar sulke lugskoue by waterkloof of swartkops is, ek sal dit graag wil gaan kyk. Kan iemand my raad gee.

Gert de Jager ·

Middag Eddie
‘n Goeie bron van inligting kan ‘n plaaslike gemeenskapskoerant wees, indien hulle vooraf daarvan bewus sou wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.