Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die blik kleefvrye kossproei het by ʼn stalletjie by die Swartkops-lugskou ontplof.
“Paramedici het dadelik nader gehardloop en gevind dat ses mense erge brandwonde opgedoen het en in ʼn ernstige toestand was,” het Botha gesê. “Paramedici het onverpoos gewerk om die beseerdes te stabiliseer voordat hulle per ambulans na verskillende hospitale geneem is.”
Kol. Keith Fryer, hoof van die Swartkops-lugskou, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die lugskouprogram is nie deur die voorval geraak nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Wat op aarde is “kleefvrye kossproei”?
Baie mense besef nie dat die kleefvrye aanspuit produkte hoogs vlambaar is en spuit braaipanne terwyl hulle op brandende gasplate staan. Die sproei veroorsaak dikwels ‘n vlam soos ‘n ” flame thrower” en kan brandwonde tot gevolg hê. Dit sal nie noodwendig tot ‘n ontploffing lei nie. Ontploffings is gewoonlik veroorsaak wanneer die blik aan hoë hitte bloodgestel word soos wanneer dit te na aan ‘ n bron van hitte staan of op ‘n baie warm oppervlakte staan of op ‘n brandende vullishoop gegooi word b.v. ‘n afval put by ‘n kampterrein ( onthou ‘n Voortrekkerkamp waar die veld deur… Lees meer »
Waar kan n mens uitvind wanneer daar sulke lugskoue by waterkloof of swartkops is, ek sal dit graag wil gaan kyk. Kan iemand my raad gee.
Danie. Nou weet ek ook