Ses mense is Sondagmiddag by Duneside-strand in Durban gered toe die vissersboot waarin hulle was omgeslaan het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die klein boot was op terug na die strand toe dit omgeslaan het.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was al ses mense reeds deur lewensredders en omstanders uit die water gered,” het Vermaak gesê.
Vier van hulle het geringe tot matige beserings opgedoen en moes na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Die ander twee is ongedeerd en het verdere behandeling van die hand gewys.