Ses gered ná voertuig in rivier beland

Foto: SAPD, Vrystaat

Vyf mans en ʼn vrou is deur verskeie polisie-eenhede gered nadat hul voertuig in ʼn rivier naby Marquard in die Vrystaat beland het.

Sers. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn plaaslike boer het Woensdagaand omstreeks 21:00 hulp ontbied nadat hy ʼn Colt-bakkie in die Sandspruit-rivier opgemerk het. Beamptes van Welkom se duikeenheid en Bloemfontein en Bethlehem se honde-eenheid het reageer op die oproep.

“Duikers en polisiebeamptes het met toue en vaartuie met die reddingspoging begin,” het Ntsika bygevoeg. “Die ses persone, tussen 46 en 70 jaar oud is uit die water gehaal. Hulle is almal vir verkluiming behandel en later na ʼn plaaslike hospitaal geneem.”

Die bestuurder het na bewering beheer verloor oor die voertuig toe die krag van ʼn kitsvloed dit skielik van ʼn laagwaterbrug in die rivier meegesleur het. Die voertuig het gelukkig nie omgeslaan nie.

Volgens Ntsika het beamptes omstreeks 23:30 met die reddingspoging begin en al ses persone is om 01:00 uit die water gehaal.

Die polisie loof kapt. Conrad Fouche, ao Fanie du Plessis, ao Wilhelmis Swanepoel, ao Norman Kuhn, ao Lukas Cornellissen, ao Johan Kaalsen, konst. Mothae Tsokolebane, konst Carl Gagiano, konst Sidney Simamane en konst Kobus van Wyk. “Hierdie lede word geloof vir hul dapperheid en toewyding om die veiligheid van hierdie inwoners te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ella ·

So bly die name van die polisiebeamptes word genoem in die berig. Hulle moet erkenning kry vir hul heldhaftige optrede terwyl hul eie lewens in gevaar gestel is. Ons is trots op daardie manne.

Essa ·

Wonderlik dat erkenning gegee word aan hierdie dapper, toegewyde lede van SAPD. Julle is die “real life” helde oor wie ons so graag lees! Knap gedaan.

Oom Kalahari ·

Dit is nou waarlik ‘n heldedaad wat gedurende laatnag ure uitgevoer is en onder vele uitdagings.
Hierdie polisiebeamptes kan as “Hero’s” beskryf word wat ieder en elk se lewe gered het. Sulke tipe positiewenuus en dade laat mens weer moed gee. Hoop hierdie beamptes kry almal ere toekenningsvir hul uitstekende optrede en lewensreddings daad. ‘n Groot dank gaan uit aan hierdie beamptes en glo in ons harte dat jul optrede baie aangeraak het. Ons is trots op jul wat so van verskillende plekke kon saamkom en as ‘n span mekaar kon ondersteun.

Vergeet? ·

Moenie die boer vergeet wat aandag gegee het aan die probleem. Nou se dae is dit gevaarlik vir boere in die nag.
Die laaste sin se ‘inwoners’ klink nie reg, is seker ‘insittendes’?

Tania Heyns ·

Dagsê Vergeet?

Dankie vir jou kommentaar. Mosili Ntsika het spesifiek na die plaaslike inwoners verwys wat gered is. Ek hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

GM ·

Regtig Yankee? Gaan waag jou lewe om mense uit ‘n kolk malende water te haal, dan praat jy weer van hero’s vs. plig. Netso is die mense wat kinders van slawehandel red, of die brandweermanne wat iemand uit ‘n brandendehuis gaan red (al was dit sy WERK), ook hero’s – dalk nie vir jou nie, maar wel vir daardie persoon, of die persoon se gesin, vir wie daar gehelp is. So is daar baie voorbeelde elke dag, ons sien dit net nie meer raak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.