Ses gestuit wat glo VS-plaasaanval beplan

Die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Ses verdagtes sou na verwagting Maandag in die landdroshof op Vredefort verskyn op ʼn aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die bende is Saterdagnag aangekeer kort voor hulle glo beoog het om toe te slaan op die plaas Goedgedaght, naby Vredefort in die Vrystaat, het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, gesê.

Die polisie het die afgelope naweek inligting gekry oor ʼn beoogde rooftog op die plaas wat deur intelligensie-inligting van boere in die omgewing gestaaf is. Lede van verskeie polisie-eenhede waaronder die honde-eenheid, misdaadrekordsentrum, speurdienste en intelligensie-eenheid – asook boere van die omgewing – het twee voertuie voorgelê, ʼn wit Hilux-bakkie en ʼn rooi Volkswagen Polo.

Die voertuie is deursoek en die polisie het beslag gelê op verskeie vuurwapens. Een daarvan was ʼn speelding, het Makhele gesê.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiekommissaris, het die gesamentlike poging, en veral die rol wat boere in die omgewing gespeel het, geloof. “Ons beskou enige aanval op ons landbougemeenskap in ʼn baie ernstige lig en het misdaad wat in die landbousektor gepleeg word, geprioritiseer. Dié bedryf speel ʼn geweldig belangrike rol in ons ekonomie,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jakes ·

Knapgedaan deur die polisie en boere. Het die drek dalk borg gekry en hoe lank sal hulle in aanhouding bly voor hulle ontsnap?

Willie ·

Tenminste goeie nuus vir slag! Dankie mede boere en ook SAP! Mag daar asb geen ontsnappings en borgtogte wees nie!

Theuns ·

As dit iemand is wat inligting gegee het moet by beloon word. Knap gedaan.

anton ·

Die laaste paragraaf in die berig is maar net bla bla bla en lippe taal.
Die staat het nog nooit omgegee oor die landbou en die mense wat dit bedryf nie(Boere).
En kanse om te hoor die klomp word wel behoorlik vervolg is ook maar n droom.
Binnekort is hulle weer op straat en ons weet dit nie eers nie!!!

Boerin ·

Ag, hulle sal niks oorkom nie! Hulle het mos “niks verkeerd gedoen nie”. Net per ongeluk wapens by hulle gehad.
Wel gedaan, Boere en almal betrokke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.