Ses gevangenes ontsnap in Limpopo

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ses verhoorafwagtende gevangenes, waarvan twee van moord verdink word, wat op twee afsonderlike voorvalle uit wettige aanhouding ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die jongste voorval het Woensdagoggend in Lulekane buite Phalaborwa plaasgevind.

“Twee gevangenes kon daarin slaag om naby die GaSelwane-nedersetting uit ʼn polisievoertuig te ontsnap terwyl hulle na Phalaborwa geneem is om in die hof te verskyn,” het Ngoepe gesê.

Hy het die verdagtes as Chris Matlou (27) en Jonathan Ngoako (28) geïdentifiseer. Matlou is in hegtenis geneem op aanklagte van moord en verkragting. Ngoako word van verkragting aangekla.

In die ander voorval het vier verdagtes Dinsdagaand uit die aanhoudingselle van die Sekgosese-polisiestasie, suidoos van Louis Trichardt, ontsnap.

“Hulle is Lucky Nchaupa (20) van die Thakgalane-nedersetting wat vir moord in hegtenis geneem is, Sunnyboy Maleka (32) van die Raphahlelo-nedersetting wat vir inbraak in hegtenis geneem is, Sekgopotso Cafus Nakana (30) van Bolobedu wat vir roof in hegtenis geneem is en Thabang Mashashane (25) van Sephukhubje wat vir verkragting in hegtenis geneem is.”

Meer besonderhede oor dié ontsnapping is nie bekend gemaak nie.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende albei ontsnappings.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel met inligting oor waar die ontsnaptes hulle mag bevind.

Foto’s van die verdagtes is nog nie uitgereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tanzie ·

Net laasweek het ses hier in Pretoria ook ontsnap. Wys maar net hoe geldgurig die bewaarders is. Hopeloos te geldgurig.

Selfbeskikking ·

Die patetiese regering vou soos n grap, ons moet nou onderhandel vir selfbeskikking, klaar.

Lynette ·

Altyd ontsnappings in Limpopo. Daar is iets groot fout in daardie provinsie. Tyd dat daar na hulle ondersoek ingestel word.

PIPPIE LANGKOUS ·

Limpopo ook die provinsie waar die meeste skole afgebrand word. Wonder of hulle nog enige skole oor het. Maar daar word altyd berig hoe swaar die mense kry met geen klasse vir kinders nie. Belaglik. Iets baie groot in die provinsie fout. Net jammer dis net ons wat dit raaksien en niemand in die parlement nie. Daar word net meer geld vir hulle gegee vir nuwe goed wat hulle self afbreek en brand.

Jef ·

Nou gaan hulle maar net weer aan waar hulle laas opgehou het , moor en verkrag, inbreek en roof.
in Amerika sou hulle al in die dodesel gesit het of 50 jaar gevangenisstraf sonder enige sprake van parool.

Manie Strydom ·

Die polisie het ook geen trots en inbors meer nie ek wonder hoe hulle hul kinders in die oë kyk en vir hulle sê om vandag hulle beste te doen.

Gerrit ·

Die polisie kan maar onbind en karwagte word daar sal geen verskil wees nie hulle is maar net usesless

Duitser ·

Ek het eenkeer op mm gelees van iemand wat gesê het hulle moet die gevangenes by die apteek aanhou dit sou glo veiliger wees ek dink hulle moet die gevangenis hof toe en terug uber dit sal ook veiliger wees as saam met die huidige “polisie:

Duitser ·

Dit is snaaks dat die wit mense in suid afrika net alles aanvaar ,swak polisie,swak onderwys en mediese dienste .

JM ·

Kry die manne in wat die Polsmoor se ontsnaptes aangekeer het, sal dit dan beter gaan, dalk is de Klerk die hoof brein

LL ·

Nou wat stel jy voor Duitser? Dis nie snaaks nie, dis kommerwekkend, dit roof ons van ons menswees, dit roof ons van ons vrye denke, dit roof ons deur en deur. Dis nie ‘n kwessie van aanvaar nie, as ons iets sê of doen dan is dit rassisme. Maar wag en sien, ons Vader slaap nie, ons is geduldig, werk hard en verwag dit van almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.