Ses gewapende rowers by Greytown doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Ses mans is naby ʼn klein informele nedersetting in KwaZulu-Natal doodgeskiet, ure nadat hulle glo ʼn gewapende rooftog 200 km ver in Newcastle uitgevoer het.

“Die mans het in vier motors gery en is omstreeks 11:30 buite Seven Oaks, ongeveer 20 km suid van Greytown, deur polisiebeamptes voorgekeer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ses van die mans is tydens ʼn skietery tussen die verdagtes en die polisie doodgeskiet en drie is gewond. Geen polisiebeampte is in die skietery beseer nie.”

Die beseerde verdagtes is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Rowers in twee motors het ontsnap en een van die motors is later in Pinetown verlate aangetref. Die vierde motor is nog nie opgespoor nie. “Dit is nie duidelik hoeveel mans in die twee motors ontsnap het nie,” het hy gesê.

Volgens hom het die polisie op die toneel beslag gelê op drie aanvalsgewere en twee handwapens. Die wapens sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Sake van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en ʼn geregtelike doodsondersoek is by die Greytown-polisie aanhangig gemaak.

Zwane het gesê die polisie is van mening die bende was betrokke in ʼn reeks sakerooftogte, veral in die noordkus, en aanvalle op die polisie. Hy kon nie verdere besonderhede verskaf nie.

“Die betrokke polisiebeamptes is van die blitspatrollie, die misdaadintelligensie-eenheid, honde-eenheid en taakspan van die polisie in Pietermaritzburg,” het Zwane bygevoeg.

Die ondersoek en soektog na die voortvlugtiges duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

HEVW ·

Ons se baie geluk en is bewus ook jul lewens was op die spel. Na dese is die wereld beslis n ietwat beter plek.

Vra maar net ·

Daar is maar min goeie nuus, maar hierdie ses dooie kriminele is uitstekende nuus. Jammer die ander drie leef nog.
Aan die lede betrokke: uitstaande werk. Ek is so dankbaar julle is almal ongedeerd.

Christo Pienaar ·

Geluk aan die betrokke SAPD lede. Julle dapperheid kan met geen geld vergoed word nie.

ANDRE LOURENS ·

SKIELIK KRY EK SO N LEKKER WARM GEVOEL OP DIE HART. NICE WORK BOYS

DeoVolente ·

Dit is harseer dat daar 6 mense wat verkeerde besluite in hulle lewens geneem het hulle lewens moes verloor voor hulle die regte pad kon kies. Dit is ook hartseer om te sien hoe mense hulle verlekker in die dood van ongeredde siele.
Welgedaan aan die SAP wat hulle gestop het en hulle werk gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.