Ses in aanhouding ure ná ontsnapping weer vas

Argieffoto

Argieffoto

Ses gevangenes wat Maandag buite ʼn hof in Phoenix, KwaZulu-Natal, ontsnap het, is binne 24 uur weer aangekeer.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het omstreeks 15:15 ontsnap terwyl hulle in ʼn vragmotor moes klim wat hulle na die Westville-gevangenis sou neem. Hulle het glo die vragmotor se deur oopgeskop en op die vlug geslaan.

“Die polisie het hulle agternagesit en vier van die gevangenes is onmiddellik weer in hegtenis geneem. Die ander twee is vanoggend [Dinsdag] weer vasgetrek,” het Naicker gesê.

Die gevangenes het voor die ontsnapping tereggestaan op aanklag van geringe oortredings soos die besit van dagga en diefstal, maar sal nou ook aangekla word van ontsnapping uit wettige aanhouding.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, het die polisie geloof vir die vinnige inhegtenisneming van die ontsnaptes en gesê ʼn baie ernstiger aanklag staar die “dwase misdadigers” nou in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.