Ses in hof ná plaasmoord

BC en Marlette Greyling. Foto: Verskaf

Ses verdagtes verskyn Maandag in die Delareyville-landdroshof op aanklag van moord, poging tot moord en huisbraak ná ʼn plaasmoord by Leeukuil-plaas naby Sannieshof in Noordwes.

Die verdagtes, tussen 27 en 38 jaar oud, is verlede week Donderdag in Sannieshof en Ottosdal in hegtenis geneem ná ʼn uitgebreide ondersoek.

ʼn Skootrekenaar en drie selfone wat vermoedelik tydens die voorval geroof is, is in die verdagtes se besit gevind, het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig BC Greyling (59) en sy vrou Marlette (57) en BC se ma, Magdaleen Greyling (87), het op 16 Mei omstreeks 19:30 die aand aan tafel gesit besig met aandete terwyl hulle nuus gekyk het.

Drie verdagtes het toegang tot die huis verkry deur een van die slaapkamers se groot vensters te breek. Drie het glo buite die huis gewaak. BC het gaan ondersoek instel en was skaars in die portaal toe ʼn verdagte hom trompop in die bors geskiet het sonder om ʼn woord te sê.

Marlette is tydens die voorval in haar regterblad geskiet. Die koeël is by haar links bó haar buik uit en het een van haar longe skrams gemis. Magdaleen het na die sitkamer gevlug en het onder ʼn tafel weggekruip.

BC is op die toneel dood. Marlette moes na ʼn hospitaal geneem word. Magdaleen is ongedeerd maar getraumatiseerd.

Die verdagtes het met vuurwapens, drie selfone en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug en het ontsnap deur van ʼn dienspad langs ʼn spoorlyn gebruik te maak om blokkades wat deur omliggende boere gestel is te vermy. Die bakkie is later verlate naby Ottosdal opgespoor.

Marlette is Vrydag uit die hospitaal ontslaan.

Die Greyling-egpaar het drie seuns, Gerhard, hul oudste, Marius en Christo. Gerhard en Marius woon in Kanada. Christo woon op ʼn plaas naby sy ouers. Die egpaar het ook drie kleinkinders.

Gerhard en Marius het intussen vanuit Kanada in Suid-Afrika aangekom om hul ma by te staan en met die begrafnisreëlings te help. Die skoondogters en kleinkinders sal na verwagting Maandag in Suid-Afrika aankom.

Lees alle vorige berigte oor Sannieshof op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Hulle was gou gevang ek hoop net die hof prosedures is korrek en hulle word swaar gestraf……sal ook wil weet wat die rede vir die aanval was net bloot misdaad of om blankes te teiken.

Blits ·

Nou sien ek gisteraand op Fokus dat daar gese word dat plaas aanvalle nie rassisties is nie maar roof met verswaarde omstandighede, Hoe kan mense so blind wees, in baie gevalle word daar nie eers items gesteel nie net gemoor en verkrag, plaas aanvalle word verdoem met diefstal, Hulle gaan nie regtig om te roof nie maar te moor en dan sien hulle n geleentheid om nou iets te vat vir n trofee. Ai en die mense word so maklik n rat voor die oe gedraai.

Chrizelle ·

Dit maak my naar! Hulle probeer ons ‘n rat voor die oe draai, dis al. Hulle probeer hierdie blatante RASISTIESE plaasmoorde verdoesel met fancy woorde soos roof met verswarende omstandighede. Komaan, niemand is so dom om te glo dat dit nie rasisties gemotiveerd is nie.

Charles ·

Regsgeleerdes kan dalk beter weet of die volgende vervolging moontlik sal wees: voor sulke aanvalle word sangomas besoek vir “moetie” om oortreders “onsigbaar te maak” of “koeels in water te verander” – iets wat regdeur Afrika gedoen word voor “gevegte”; ook genoem deur genl Roland de Vries by loodsing van Projek Nehemia. Moet sulke “sangomas” nie ook van moord aangekla word nie? Suksesvolle vervolging sal hul wereldbeskouing begin ruk. Die persoon wat sulke goed – waarin die oortreders vas glo – verskaf, is tog seker net so skuldig as een wat vuurwapens aan hulle gee?

keelvol ·

ek hoop alle sannieshof boete en al hulle masts uit al die omliggende dele staan voor die hof en sit die hofsaal vol met plakkate wat se oa “no bail” en “show as much mercy as they showed their victims” en “jail them for life” en so voorts. los julle trots by die huis. laat geregtelikheid seevier.

Willie ·

Dis tyd dat ons n behoorlikke optog reel teen plaasmoorde… En vir Ex minister van Sport behoorlik op die kollig plaas…. Alles kry preoriteit behalwe grusame plaasmoorde

Johan ·

Ek stem as ons so saam kan staan teen spur kan ons saam staan vir die plaas moorde ook …hoekom kan ons afrikaners en boere nie ook die straat i vaar en alles brand en afbreek nie

Louise ·

Ek hoop hul sit almal lewenslank. En verseker geen borg toegelaat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.