Ses in hof oor openbare geweld, brandstigting

Argieffoto (pixabay.com)

Ses verdagtes, wat in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld en brandstigting in Thohoyandou, het Vrydag in ʼn hof in Limpopo verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die persone was na bewering betrokke by voorvalle waar huise aan die brand gesteek is en openbare geweld by Tshixwadza buite Thohoyandou. “Sewe huise is aan die brand gesteek en paaie is versper met klippe, rommel en buitebande wat aan die brand gesteek is.”

Die ses beskuldigdes, Nevhutalu Robert (46), Siaga Godfrey (56), Thagamega Delta (35), Maanea Itani (45), Maanea Shonisani (48) en Phalanndwa Tshedza (26), het in die Mutale-landdroshof verskyn. “Hul sake is tot 21 Augustus en 28 Augustus uitgestel. Hulle bly in aanhouding.”

Ngoepe het bygevoeg die polisie se openbareorde-eenheid monitor die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Volgens ‘n sekere Politieke Party oefen hulle net hulle reg om te protesteer uit.

Nic du Plessis ·

Dit help nie eers hulle verskyn in die hof nie, hulle is klaar weer vrygelaat

Johan ·

Mense word in hegtenis geneem weens misdadige optredes tydens die oproer. Maar hulle word nooit gevonnis nie. Daar is altyd verskonings om hulle weer vry te laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.