Ses in hof oor R1 miljoen se gesteelde koperkabels

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Twitter)

Ses verdagtes wat verbind word aan R1 miljoen se koperkabeldiefstal sal na verwagting Dinsdag in die Harrismith-landdroshof in die Vrystaat verskyn.

Die verdagtes is verlede week in Makgolokweng buite Harrismith in hegtenis geneem nadat hulle aanvanklik nie geldige paspoorte aan die polisie kon toon nie. Polisiebeamptes het toe by verdere ondersoek op 44 rolle gesteelde koperkabel afgekom.

Die rolle koperkabel weeg altesame 810 kg en is na raming R1 miljoen werd.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die polisie is verlede week Woensdag in die vroeë oggendure in kennis gestel van twee verdagte voertuie by ’n huis in Makgolokweng. Die voertuie – ’n Toyota Fortuner en ʼn Isuzu-dubbelkajuitbakkie – het Gautengse registrasienommers gehad.

Die polisie het ondersoek ingestel en die verdagtes kon nie geldige dokumente aan polisiebeamptes toon nie. Dit is toe dat die polisiebeamptes verdere ondersoek instel en op die rolle koperkabel afkom.

Daar is ook beslag gelê op die twee voertuie sowel as komberse en sakke wat met modder besmeer is.

Die verdagtes staan nou ​​tereg op aanklagte van diefstal van koperkabel en dat hulle onwettig in die land is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Deon ·

Die diefstal van koperkabels en selfoontoerusting is lankal nie net meer “diefstal” nie. Dit is ekonomiese sabotasie en hierdie mense moet vir SABOTASIE aangekla word en wetgewing moet so aangepas word.

Marius ·

Weereens ‘n bewys dat die insypelaars en buitelanders moet teruggaan na hul eie lande toe.

Witbaard ·

Jy veralgemeen. Nie alle buitelanders is kriminele nie. Die probleem (root cause) van die land se verval is die regering se onvermoë om misdaad te beheer. Die strawwe is ook veels te lig om kriminele af te skrik.

marius ·

As die skelms wat die goed koop nie vir ewig tronk toe gaan nie , sal die nie ophou nie ! Dit is niks anders as terrorisme nie !

Di ·

Dan wil sekere instansies nog steeds ontken dat onwettige immigrante die land op sy kniee dwing soos onlangse berig in MM “Immigrante nie die oorsaak van SA se probleme ” ONWETTIGE IMMIGRANTE is ons grootste ondergang in die land en DIT is die rede dat misdaad so toegeneem het. EFF het ook ‘n groot aandeel in die uitreik van vervalste dokumentasie aan onwettige immigrante soos berig is oor sosiale platforms. Rooikappie se doel is dat SA moet opeindig waar Zimbawe nou is en ons is VINNIG oppad soontoe.

SjN ·

Dit is sabotasie en grens aan terrorisme, laat hul sing wie en waar die afsetgebied is, die handelaars is net so skuldig.

Jakes ·

Sluit hulle toe sodat hulle kan vrot in die tronk. Feit is dat daar geen instromingsbeheer in SA is nie en dat ons grense onbeman is. Grendrade bestaan nie meer nie en hierdie gemors word sodoende uitgenooi om misdaad hier te kom pleeg.

lodewyk ·

Dit is so ooglopend dat die meerderheid van misdaad in SA deer onwettige insypelaars gepleeg word,maar hulle word met hand en tand beskerm ???Nie eers te praat van ons grense wat nie meer daar is nie -Malema se Afrika maats neuk nou SA goed op!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.