Ses in hof vir Sassa-skelmstreke

(Argieffoto)

Ses verdagtes het Dinsdag in die landdroshof op Botshabelo in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Wet op Maatskaplike Bystand.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Matshediso Diboka (44), Limakatso Kobeli (38), Selloane Matela (47), Masabata Tlhabang (49), Thakane Motopi (53) en Dipuo Masitha (55) het Sassa na bewering bedrieg deur bedrieglike voorskrifbriewe te verskaf waarmee hulle om maatskaplike toelaes aansoek kon doen.

“Dit word beweer dat die verdagtes die briewe na ’n plaaslike dokter geneem het wat op sy beurt ’n verwysingsbrief aan SASSA sou skryf as ’n ondersteunende dokument vir die aansoek om sosiale toelae,” sê Makhele.

Die polisie op Botshabelo het inligting hieroor ontvang en ’n saak van bedrog aanhangig gemaak. Die verdagtes is in Februarie vanjaar vasgetrek.

“Diboka, Kobeli, Matela en Masitha sal in aanhouding bly, terwyl Tlhabang en Motopi elk op R1 000 borgtog vrygelaat is. Masitha het ook vorige oortredings teen haar.”

Die verdagtes sal na verwagting weer Donderdag in die hof verskyn wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen.

“Enigiemand met meer inligting oor nog persone wat by dié sindikaat kan betrokke wees, kan die provinsiale taakspan by 051 507 6622 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hasie ·

Dit is hopelik maar net die begin . Daar is vele van die mense wat bedrog pleeg .

Pieter ·

Die nimmereindigende korrupsie van die African National Criminals…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.