Ses in huis doodgeskiet, een oorleef

(Argieffoto: Nico Strydom)

Sewe mense is Sondagaand in ’n huis in Folweni, suid van Durban, geskiet, van wie ses noodlottig gewond.

Die slagoffers is eers Maandagoggend gevind toe gemeenskapslede hulp ontbied het en die polisie op die “grusame toneel” afgekom het, sê brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie.

Die liggame van vier mans en twee vroue, almal tussen die ouderdomme van 26 en 32 jaar, is in die huis met veelvuldige skietwonde gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.

’n 27-jarige vrou het met die polisie se aankoms nog gelewe en is na ’n hospitaal vir behandeling geneem.

Die polisie ondersoek intussen aanklagte van moord en poging tot moord.

Die motief vir die moorde is nog onduidelik, hoewel vermoed word dat die voorval moontlik met misdadigheid in die gebied verband hou, sê lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal.

Mkhwanazi het die voorval veroordeel.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om na vore te kom met inligting wat sal help om diegene agter die moorde te identifiseer.”

Inligting kan by die polisie se Stopmisdaadnommer by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eiervrug ·

Misdadigheid?. Moet dit nie liewer net “misdaad in die gebied” wees nie?

Harley Davidson ·

Hoe kan die publiek enigsins help as daar nie eers ‘n ordentlike beskrywing is van die aanvallers nie,miskien is hulle aangeval deur mars of maan manne?

E ·

N moontlikheid of ‘n ander bende (turf wars) Hulle se nie hulle is familie van mekaar nie, so enige iets moontlik, klink net of niemand skote gehoor het nie??

Christine ·

Dis dalk die rede hoekom die oorlewende niks praat nie en daar nou gevra word na ooggetuies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.