Ses in Khayelitsha doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel in die Enkanini- informele nedersetting in Khayelitsha waar ses mense Sondagmiddag doodgeskiet is.

“Drie onbekende mans het omstreeks 16:10 lukraak skote op slagoffers in Lindelaweg gevuur,” sê brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie. “Die polisie is ontbied en hulle het vyf slagoffers op die twee tonele, sowat 200 meter van mekaar, gevind. ʼn Sesde persoon het gesterf met hul aankoms by ʼn hospitaal.”

Die identiteit van die slagoffers, twee vroue en vier mans, is nog nie bekend nie. Hulle is almal tussen 22 en 27 jaar oud.

Die polisie se eenheid, wat georganiseerde misdaad ondersoek, ondersoek sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.